Familiemoord in Midrand
2011-08-12 20:56
Johannesburg – Vier lede van dieselfde gesin is dood in hul
huis in Valley View in Midrand aangetref.
Dit wil voorkom asof die pa van die gesin sy
vrou en twee kinders doodgemaak en toe homself opgehang het.
Hy het klaarblyklik sy vrou doodgeslaan waarna
hy sy twee kinders, wat tussen twee en vyf-jaar oud is, versmoor het.
‘n Selfmoordnota is op die toneel gevind.
‘n Dossier is oopgemaak en die polisie
ondersoek die moorde.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA