Familie wil wewenaar lewendig begrawe
2010-04-14 03:48
Kaapstad – ‘n Hartseer wewenaar het byna in dieselfde graf opgeëindig as sy oorlede vrou, het iol Dinsdag berig.
Die 27-jarige man van Kaapstad het vertel dat roubeklaers, onder leiding van sy skoonpa, hom beskuldig het van die dood van sy 18-jarige vrou, Rachel Ofunga. Sy het vroeër hierdie maand weens lewerversaking gesterf.
Volgens Jeff Mwambo moes hy vir sy lewe vlug toe die roubeklaers hom deur die begraafplaas in Khayelitsha gejaag het, en gedreig het om hom lewendig te begrawe.
Lees meer hier.