Familie van vyf brand dood in huis
2011-04-22 16:42
Kaapstad – ‘n Familie van vyf, insluitende ‘n sewe maand oue baba, het vroeg Vrydagoggend in hul huis in Lwandle naby Somerset Wes doodgebrand, het die SABC berig.
Volgens Aboubaker Kippie, woordvoerder vir Kaapstad se rampbestuur, het hulle in die vroeë oggendure ‘n oproep oor die brand ontvang.
Twee volwassenes, twee kinders en die sewe maand oue baba is in die brand oorlede.
Bongani Mtakati, die stasiebevelvoerder by Lwandle-polisiestasie, het gesê dat die oorsaak van die brand nog ondersoek word.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA