Familie soek antwoorde oor koma, breinskade

2010-07-03 07:30
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Port Elizabeth. - ’n Familie van Algoapark is verpletter nadat hul seun, wat weens ’n rugbybesering hospitaal toe is met ’n gebreekte been, in ’n koma verval en nou breinskade opgedoen het.

Edward van Dyk (19) se familie moes eergister die by sy neuroloog hoor dat hy nooit weer vir homself sal kan sorg nie.

Hulle dring nou aan op ’n onafhanklike ondersoek om vas te stel of daar nalatigheid aan die kant van die Livingstone-staatshospitaal was waar Edward geopereer is en nou steeds behandel word.

“Hy het ’n paar dae gelede sy oë oopgemaak en sy arm het beweeg, maar ons het gedink dat hy nog in ’n koma is. Volgens toetse sal hy egter nie verbeter nie, soos hy nou is, is hoe hy vir die res van sy lewe sal wees,” het Deon Joubert, ’n familielid, gesê.

Edward het op 26 Mei sy linkerbeen tydens ’n rugbywedstryd vir die Park o.19 rugbyspan gebreek. Hy is by Livingstone opgeneem en het agt dae later ’n operasie vir die besering ondergaan.

Hy het na die operasie net nie wakker geword nie.

’n Bedroefde Michelle van Dyk, Edward se ma, het gesê toe sy die dag ná die operasie vir hom gaan kuier het, het sy op ’n toegetrekte gordyn om sy bed afgekom.

“Ek is gesê om buite te gaan staan. Ek wou weet wat is fout...of hy lewe, of hy dalk bloei. Ek het net ineen gestort toe ek nie antwoorde kry nie, ek is na ’n kamer geneem waar ek gesê is dat my seun net nie wakker geword het nie,” het sy gesê.

“As ’n onafhanklike ondersoek bevind dat daar nalatigheid aan die hospitaal se kant was en dat dit vir sy toestand verantwoordelik is, sal die familie beslis regstappe neem,” het Joubert gesê.

Edward se ma, en pa, Edward sr., twyfel nie vir een oomblik dat ’n blink toekoms vir hulle seun gewink het nie. Hy het ’n studiebeurs verwerf vir sy studies as tweede-jaar megatronikastudent aan die Port Elizabeth-kollege.

Thulani Madonsela, uitvoerende hoof van die Livingstone-hospitaal, was met herhaalde pogings gister nie beskikbaar vir kommentaar nie. Ook die Oos-Kaapse woordvoerder van die gesondheidsdepartement, Sizwe Kupelo, kon nie kommentaar lewer nie.

Volg Nuus24 op Twitter.


- Die Burger

Lees meer oor: brein  |  hospitaal

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Holle dreigement. Jou inkomstebelasting word deur jou baas afgetrek. En as jy winkel toe gaan kap die winkelier jou 14% BTW sonder jou goedkeuring af. En, as jy jou eie baas is en jy weerhou jou belasting, spoor die wawydwakker belastinggaarder jou vinnig op en hy le beslag op jou kar, huis en meubels en verkoop dit spotgoedkoop by 'n staatsveiling. En dan gaan jy tronk toe. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.5DCi High Dsl PU
2010
R 154,990.00

MERCEDES

ML 320 4x4 AT
1999
R 143,700.00

CHEVROLET

Corsa 1.8 Club Utility MY10 PU
2011
R 139,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.