Familie ontsteld oor Survivor-man se borgtog
2010-03-20 11:23
Johannesburg – Familielede van die tieners wat gesterf het tydens ‘n ongeluk in Soweto meen die hof was lig op die bekendes wat betrokke was in die voorval.
Molemo “Jub Jub” Maarohanye en sy medebeskuldigde Themba Tshabalala is Vrydag elk op borgtog van sowat R10 000 vrygelaat.
Maarohanye en Tshabalala staar verskeie aanklagte in die gesig nadat hulle glo in ‘n botsing betrokke was waarin vier skoolkinders gesterf het.
Die vrylating van Jub Jub en Tshabalala het chaos buite die Protea-landdroshof veroorsaak.
Alucia Sekgathume, wie se broer in die ongeluk gesterf het, het Jub Jub se hofsaak met die van die kwaito-ster Mandoza vergelyk.
“Mandoza was in ‘n soortgelyke voorval betrokke en hy het daarmee wegkom. Jub Jub doen dieselfde en hy is nou ‘n vry man wat in winkelsentrums kan rondloop,” het
Sekgathume aan Eye Witness News gesê.
Lees meer hier.