'Facebook-verkragter' kry 50 jaar tronkstraf

2011-10-14 12:55
Tweets Share Share line Print

Durban – Die vermeende "Facebook-verkragter", Thabo Bester, is Vrydag in die Durbanse landdroshof tot effektief 50 jaar tronkstraf gevonnis, het Matthew Savides, joernalis van die Sunday Tribune, uit die hof getweet.

Hy het 14 dae kans om teen die vonnis te appelleer, het die eNews-kanaal berig.

Bester het in trane uitgebars toe hy om versagting gepleit het.

Hy het aan die hof gesê hy is as jong kind verskeie kere en in die tronk verkrag.

Bester het skuldig gepleit op twee aanklagte van verkragting en twee aanklagte van gewapende roof met verswarende omstandighede.

Hy het in die hof gesê hy het nooit sy ma gesien nie en dat hy onder pynvolle omstandighede saam met sy ouma, wat 'n alkoholis was, en oupa op 'n plaas in Gauteng gewoon het.

Die situasie het erger geword toe sy ouma dood is en hy saam met vriende in 'n plakkerskamp gewoon het. Bester het gesê hy is toe genader deur 'n man wat belowe het om na hom om te sien, maar is dae lank in die man se huis toegesluit en verkrag is.

Bester, wat verskeie kere in trane uitgebars het, het gesê hy het sy ouma van die mishandeling vertel en dat hy gevoel het asof hy met 'n muur praat.

"My ouma se vriend het my seergemaak toe hy my verkrag het en ek het 'n operasie op my agterstewe ondergaan."

Hy het gesê sy omstandighede het hom genoop om misdaad te pleeg.

"Ek het misdaad gepleeg om na myself om te sien. Of jy gaan dood of jy maak 'n plan."

Bester is in 2009 skuldig bevind op aanklag van bedrog en is ses maande tronkstraf opgelê met die opsie om 'n boete van R1 500 te betaal.

"Ek het nie geld gehad om te betaal nie. Hulle het my sleg behandel in die tronk omdat hulle gedink het my familie is welaf."

Bester het gesê hy is in die tronk deur 'n groep mans verkrag, waar 'n bottel seepwater in sy anus opgedruk is.

Die verslag oor sy mishandeling in die tronk is Vrydag aan die hof voorgelê, maar het slegs na die mishandeling verwys.

Bester het gesê hy benodig 'n tweede kans.

"Ek weet ek het verskriklike goed gedoen, maar dit is nie wie ek werklik is nie. Ek soek die geleentheid om dinge reg te maak."

Hy het gesê indien die hof nie genadig teenoor hom sal wees nie, sal hy dit verstaan.

Lolly Soobramany, staatsaanklaer, het Bester tydens kruisondervraging gevra hoekom hy nie homself aan die polisie oorgegee het toe hy die ondersoekbeampte gekontak het nie.

Bester het gesê hy het bang geword toe hy die storie oor hom in al die koerante sien.

Hy het gesê hy wou homself oorgee, maar het weggehardloop nadat die storie gepubliseer is. Hy het gesê hy het geweet dat hy regoor die land vir verskeie misdade, insluitend moord, gesoek word.

Soobramany het gesê Bester is 'n gevaar vir die samelewing en wat hy gedoen het, het trauma vir sy slagoffers veroorsaak wat hulle vir die res van hul lewens sal bybly.

Sy het gesê Bester het die luukse leefstyl geniet en het selfs daaroor gespog op die sosiale netwerk.

Die verhoor duur voort.

Bester – voorheen bekend as Thomas, een van sy menigte skuilname – is verlede Woensdag in Alberton, suid van Johannesburg, in hegtenis geneem.

Hy word die "Facebook-verkragter" genoem omdat hy sosiale netwerke, insluitend Facebook, gebruik het om vroue te lok.

Bester het aan hulle gesê internasionale modelagente stel belang in hulle. Bester het dan die vroue verkrag, met 'n mes gedreig en beroof. Hy sal na verwagting die naweek na Gauteng geneem word, waar hy teregstaan op ander aanklagte.

– Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lees meer oor: hof  |  rooftogte  |  verkragtings  |  misdaad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
20 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.