Fabriek ontruim weens gaslekkasie
2010-08-31 05:51
Kaapstad – Meer as 100 mense is van die Wella-fabriek in Epping, Kaapstad, ontruim weens ‘n gaslekkasie, sê polisie en paramedici.
Volgens ER24 het hulle ‘n oproep rondom 12:30 ontvang.
“Ons vermoed dat sowat 150 mense die fabriek moes verlaat en vyf ambulanse is geroep terwyl paramedici die ontruiming aangehelp het,” het Andre Visser van ER24 gesê.
Volgens Visser het meeste van die werkers net ligte simptome getoon maar het ‘n paar hul bewussyn weens die inaseming van gas verloor.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA