Fabriek brand in Jhb
2011-08-18 10:10
Johannesburg – 'n Fabriek in Florida in die weste van Johannesburg is in puin gelê nadat 'n brand in die gebou ontstaan het, het Johannesburgse nooddienste gesê.
"Brandweerbeamptes kon die brand in bedwang bring, maar dit het na die agterste gedeelte van die gebou versprei," het Percy Morokane, woordvoerder, gesê.
Die brand het omstreeks 06:50 uitgebreek. Vyf brandweerwaens is na die toneel gestuur.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA