FW betrek by wapenskandaal

2011-11-13 07:04
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Oudpres. FW de Klerk word in ’n opspraakwekkende nuwe boek regstreeks by die wapenskandaal betrek.

The Devil in the Detail: How the Arms Deal Changed Everything is die afgelope week bekend gestel.

Dit suggereer een van die bieërs in die vloot se korvet-kontrak van R6 miljard het De Klerk destyds “voorgesê”.

Saam met De Klerk kom oudpres. Thabo Mbeki en Chippy Shaik, ’n sentrale figuur in die wapenskandaal, ook in die soeklig.

Die onthullings oor De Klerk word verklik in ’n onderhoud wat ondersoekers destyds met die nou afgetrede vlootadmiraal Anthony (Chubby) Howell gevoer het in die hersiening van die wapentransaksie.

Howell verklap in dié onderhoud hy en ander militêre offisiere het in 1995 die Spaanse bod aanbeveel.

Hulle het ook voorleggings aan oudpres. Nelson Mandela en De Klerk, toe adjunkpresident, gedoen.

“Uit die vrae wat mnr. De Klerk ons gevra het, was dit duidelik dat een van die mede-bieërs by hom uitgekom het, want hy het gesê: ‘Hoekom gaan julle ’n Spaanse skip met minderwaardige staal bou?’”

Dit was duidelik een van die bieërs het De Klerk voorgesê om nie die Spaanse bod te aanvaar nie, het Howell luidens die onderhoud gesê.

Die boek lui verder: “… die Duitse owerhede het ’n betaling ondersoek van $22 miljoen (van die Duitse konsortium) aan ’n Libiese frontmaatskappy, Mallar Inc., en dat dié geld regstreeks na Suid-Afrikaanse amptenare en kabinetslede gevloei het … Die man agter Mallar Inc. was na bewering ’n mnr. Tony Georgiades.”

Die boek gaan verder: “Georgiades het glo sy noue bande met die apartheidsregering gebruik om ’n netwerk te vestig om die oliesanksies teen die apartheidsregime te verbreek.

“Sy noue band met oudpres. FW de Klerk is alombekend.

“De Klerk het in die vroeë 1990’s, ten aanskoue van die media, verlief geraak op Georgiades se vrou (Elita) en is later met haar getroud,” lui die boek.

Paul Holden, medeskrywer van die boek, sê hul inligting kom uit talle dokumente waarop hulle in hul navorsing afgekom het.

Die boek kom enkele weke ná pres. Jacob Zuma se nuwe kommissie van ondersoek na die wapen­skandaal.

Dave Steward, uitvoerende direkteur van die FW de Klerk-stigting, het toe die kommissie aangekondig is dit verwelkom “omdat die wapentransaksie ’n etterende sweer is wat ons politiek vir te lank vergiftig het”.

De Klerk het Vrydag deur Steward aan Rapport ontken hy was by die wapenskandaal betrokke en sê die insinuasies is ongegrond.

De Klerk was glo net deur mediaberigte bewus van Georgiades se rol in die wapentransaksie.

“Die gebeure waarna die boek verwys, was toe hy (De Klerk) en Elita al besluit het om mekaar nie te sien nie. In dié tyd was daar geen persoonlike verhoudings tussen hom en die Georgiadese nie,” sê Steward.

De Klerk ontken hy was by Georgiades se wapentransaksie-handelinge betrokke. Die proses om nuwe korvette aan te skaf was glo al gevorderd toe hy president was.

“Die resultaat van ’n oop en deursigtige tenderproses was dat die destydse regering ten gunste van ’n Spaanse tender was omdat dit die kostedoeltreffendste was.

“Toe De Klerk as adjunkpresident agterkom daar is ’n nuwe besluit om die tender aan die Duitsers toe te ken, was hy natuurlik agterdogtig en sou deurdringende vrae aan alle betrokkenes gevra het,” sê Steward.

Howell het Donderdag aan Rapport gesê “dit was (destyds) algemeen dat bieërs mekaar wou vuilsmeer en dat een dalk by hom (De Klerk) uitgekom het. Ons het hom egter oorreed om die Spaanse aanbod te steun. Hy het nie bevooroordeeld gelyk nie.”

Die kontrak het uiteindelik aan die Duitsers gegaan.

Volg Nuus24 op Twitter

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
14 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Danie sê... Jy mag dit net nie op 'n doek vaslê en verewig nie Koos...dit is waar die kuns en kultuur stop! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Intermediate .Net Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Developer

Centurion
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R420000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

330i E90 AT
2007
R 329,000.00

AUDI

A4 1.8 Turbo
2007
R 199,995.00

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.