Evolusieherrie: Moderator sal nie bedank

2010-08-02 07:54
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein - Prof. Piet Strauss oorweeg dit geensins om as moderator van die NG Kerk te bedank nie.

Strauss het in ’n onderhoud gesê hy besef die herrie wat losgebars het na aanleiding van die standpunt wat hy oor evolusie ingeneem het, is ’n baie emosionele kwessie.

Hy het vroeër aan die tydskrif Juiggesê hy glo aan die Bybelse skeppingsleer, met God as Skepper van die hemel en die aarde.

Hy het later gesê daar is geen bewyse van ’n oorgang tussen dier en mens nie.

Dit het tot woede aanleiding gegee.

Dr. ­Jurie van den Heever, paleontoloog van die Universiteit Stellenbosch, het selfs woorde soos “dom” en “belaglik” gebruik in sy reaksie op Strauss se standpunt.

“Ek het nie besef evolusie gaan soveel emosie ontlok nie. Maar al het ek geweet, sou ek nie anders daaroor gepraat het nie, want dit is my oortuiging.”

Strauss sê kritiek wat hy gekry het – party mense het selfs gesê hy moet as moderator bedank – gaan nie oor sy argument oor evolusie nie.

“Die kritiek is persoonlik en nydig. En nêrens word my argument aangevat nie.”

Hy het gesê die algemene sinode en moderamen besluit oor sy loopbaan as moderator.

“En hulle steun my standpunt.”

Die moderamen sê in ’n verklaring die NG Kerk bely dat God die Skepper van die hemel en die aarde is.

Oor hoe dit gebeur het, kan die kerk hom egter net verwonder.

Hy het ook gesê sy oortuiging is ’n vaste kernwaarde.

Strauss het gesê hy glo nie die NG Kerk jaag met hom as moderator ’n konserwatiewe beeld na nie.

“Die kerk is op ’n pad van gesonde vernuwing en dit is geskoei op die Woord van die Here. Solank die vernuwing geanker is in die Woord van God, kan dit plaasvind.

“Die erediens is ’n tweegesprek tussen God sy en gemeente. En die fundamentele waarde moet bly.”

Oor die voortslepende probleem van die Belhar-belydenis – waaroor Strauss uit sommige oorde gekruisig en ander geloof word – het hy gesê: “Soos evolusie, is die Belhar-belydenis ’n baie emosionele kwessie. Dit maak dit baie moeilik.

“Ek het nog altyd geglo Bybelse versoening is nodig. Dit moet gedoen word op ’n manier wat die reg en die Grondwet respekteer en onreg herstel.

“Nuwe vorms van verdrukking moet ook nie toegelaat word nie.”

Hy het gesê die Bybelse opdrag is duidelik genoeg en die Belhar-belydenis sal bloot in ’n mate ’n herhaling hiervan wees.

Oor sy leierskap as hoofleier van Die Voortrekkers is hy ook ­onlangs in die media gekap.

Hy sê die antwoord oor Die Voortrekkers se bestaansreg kom uit die monde van dié jeug wat onomwonde sê hulle wil voortgaan.

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: piet strauss  |  evolusie  |  geloof

Lewer kommentaar op hierdie artikel
182 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.