'Eugene Terrorblanche' maak opslae

2011-08-29 08:06
Tweets Share Share line Print

Die foto wat op ene Eugene Terrorblanche se Facebook-profiel gepubliseer is. Foto: Sunday Times

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Bloemfontein - Die man op die opspraakwekkende “trofee”-foto wat met ’n glimlag en ’n jaggeweer by ’n lêende kind kniel, het die kind glo betaal om só te poseer.

So het die man na bewering in 2007 aan die polisie gesê toe ’n ondersoek na dié foto gedoen is, het kol. McIntosh Polela, woordvoerder van die Valke, Sondag gesê. Dié foto, waarin dit lyk asof die kind dood is, het opspraak gewek nadat Sunday Times dit Sondag gepubliseer het.

Volksblad het in 2008 al oor die omstrede foto berig. Dit het toe verskyn op ’n Facebook-groep met die naam “ek laaik nie n (sic) houtkop nie sou (sic) what”.

Die groep is begin deur studente van die Noordwes-Universiteit en het in ’n stadium 10 616 lede gehad. Die ledetal het vinnig afgeneem namate dit meer omstrede geword het.

Die universiteit het destyds tugstappe teen sewe studente gedoen weens dié groep. Een is geskors en die klagte teen die ander ses is teruggetrek nadat geen bewyse gevind kon word dat hulle hul met die groep verbind nie.

Die naam van die student wat geskors is, is destyds nie bekend gemaak nie omdat dit ’n interne saak was en hy verlof tot appèl gekry het.

Die foto het in Junie verlede jaar wéér op Facebook opgeduik, dié keer op die profiel van ene Eugene Terror­blanche. Polela sal vandag ’n verslag kry oor wat die uitkoms van dié ondersoek was.

“Die man op die foto het glo aan die polisie gesê hy het die kind betaal om só te lê,” het Polela gesê.

“Die vraag is hoekom dié foto nou weer op Facebook opgeduik het, want dis slegte smaak. Die polisie sal ondersoek wie dit op Facebook publiseer het, want dit is ’n foto wat ’n stelling maak.”

Helen Zille, DA-leier, het gesê of dié foto eg of gemanipuleer is, is nie die kwessie nie. Volgens Zille is die vraag eerder hoe iemand dit gepas kon vind om só ’n gruwelike foto op sy Facebook-bladsy te plaas. “Die nasionale reaksie op dié foto is verslaentheid en afsku. Of die foto eg is of nie, dit beeld ’n toneel van erge geweld deur ’n man teenoor ’n kind uit. Die doel is om rassehaat en polarisasie te ontlok.”

Zille het gesê elke moontlike poging moet aangewend word om “Eugene Terrorblanche” se sowat 600 vriende te kontak oor waarom hulle die publikasie van die foto nie by die polisie aangemeld het nie.

Zweli Mnisi, woordvoerder van Nathi Mthethwa, minister van polisie, het gesê die polisie se besluit om dié foto te ondersoek, het niks met ras te doen nie.

Mnisi het gesê die feit dat dit lyk of die kind dood is terwyl iemand daaroor glimlag, is “ontstellend”.

“As die doel van dié foto is om geweld of rassisme aan te hits, is dit ’n strafbare oortreding,” het Mnisi gesê. 

Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: facebook  |  misdaad

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.