E.tv joernaliste vandag in hof
2010-01-25 04:29
Johannesburg – Die twee e.tv joernaliste wat gedagvaar is, sal vanoggend in die Johannesburgse-landdroshof verskyn, het ‘n woordvoerder gesê.
Ben Said, nuusredakteur en Mpho Lakaje, verslaggewer, wou nie die identiteite, adresse of kontakbesonderhede van die vermeende misdadigers aan die polisie verskaf nie. Hulle wou ook nie hul onverwerkte beeldmateriaal van die onderhoude oorhandig nie.
Dié kanaal het op 16 Januarie beeldmateriaal van twee vermeende misdadigers gewys, wat gedreig het om toeriste gedurende die Wêreldbeker-sokkertoernooi te beroof.
Lucky Phungula, wat glo die twee vermeende misdadigers in kontak gebring het met e.tv vir onderhoude, het verlede week in Soweto selfmoord gepleeg.
- Sapa