Eskom ontvang unie se eise
2011-09-17 18:55
Kaapstad – Werkers wat lede van die National Union of Mineworkers is, het 'n optog na Eskom se kantore in die Johannesburgse middestad gehou om 'n memorandum met eise aan die kragvoorsiener te oorhandig.
Frans Baleni, die NUM se woordvoerder, het gesê hulle is ongelukkig oor verskeie kwessies insluitend die eensydige implementering van salarisverhogings, berig RSG.
Hy het ook verwys na Eskom se besluit om die pensioenskema na 'n bydrae-fonds om te skakel en sy weiering om 'n minimum diensooreenkoms af te handel wat werkers sal toelaat om beskermde stakings te hou.
– Volg Nuus24 op Twitter.