Eskom-baas ongedeerd ná helikopter val
2011-09-13 14:45
Polokwane – Ses mense het 'n noue ontkoming gehad toe 'n helikopter in Morwaneng, 45 km buite Groblersdal, neergestort en aan die brand geslaan het, het paramedici Dinsdag gesê.
"Al ses insittendes kon daarin slaag om te ontsnap voor die helikopter aan die brand geslaan het," het Jeff Wicks, woordvoerder van Netcare911, gesê.
Die mans is op die toneel behandel, maar wou nie hospitaal toe gaan nie.
Wicks het gesê geen skade is aan eiendom aangerig nie.
Brian Dames, uitvoerende hoof van Eskom, drie Eskom-bestuurders, Steve Lennon, Louis Maleka en Kerseri Pathe, en twee vlieëniers was in die helikopter ten tyde van die ongeluk.
Hilary Joffe, 'n woordvoerder van Eskom, het gesê die Burgerlugvaartowerheid (BLO) ondersoek die voorval.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA