Eskom: Tariewe gaan nie verlaag
2009-11-18 10:00
Johannesburg - Eskom het berigte deur Radio 702 ontken, dat hy oorweeg om sy voorgestelde tariefverhoging met 10 persent vanaf 45 persent gaan verlaag.
“Ek weet nie waar dit vandaan kom nie,” het Andrew Etzinger, ‘n woordvoerder van Eskom gesê.
“Ons is in die proses om terugvoering van belanghebbendes en ook deels van die (SA plaaslike regeringsorganisasie) en die department van finansies in te wag,” het Etzinger gesê.
Eskom sal sy finale aansoek aan die nasionale energiereguleerder teen volgende Vrydag inhandig.
“Op hierdie stadium sal dit te vroeg wees om oor enige verandering in die tariefaansoek, wat ons reeds ingehandig het, te spekuleer,” het Etzinger gesê.
- Sapa