Eskom: 'Los landbou uit verhoging'
2010-01-12 10:46
Alani Janeke
Johannesburg - Indien Eskom se aansoek vir ‘n jaarlikse kragtariefverhoging van 35% vir die volgende drie jaar aanvaar word, sal die landbou in Suid-Afrika ten gronde gaan, het Vrystaat Landbou gesê.
Henk Vermeulen, hoof uitvoerende beampte, het gesê volgens ’n model van die landboumaatskappy GWK, sal so ‘n styging ‘n daling van sowat 460% die winste van besproeiingsboere tot gevolg hê.
Vrystaat Landbou neem vandeesweek aan die openbare verhoor rakende die kragprys wat deur die Nasionale Energie Reguleerder (Nersa) in Bloemfontein gehou word, deel.
Lees die volledige artikel hier.
- Landbou.com