Ervare boer huil ná drie veldbrande in 24 uur

2010-08-27 08:53
Tweets Share Share line Print

Koppies. – Dit was eers toe hy noodgedwonge sy 15 voerkalwers van die hand moes sit dat hy “behoorlik” gehuil het. Só sê ’n deurwinterde boer van Koppies wat weens ’n verwoestende veldbrand met veeverlies van R80 000 sit.

Willie Gutter van die plaas Gegun buite Koppies sê benewens dié 15 voerkalwers wat hy na ’n slagplaas moes stuur, het drie voerkalwers en drie dragtige koeie doodgebrand. Hy het ook 300 bale voer verloor.

Gutter is een van die boere in die Koppies-omgewing wat met die meeste skade sit ná drie veldbrande wat die omgewing in ’n tydperk van minstens 24 uur geteister het.

Elders in die omgewing is meer as 1 000 hektaar in die brand vernietig. In mnr. Philip Steyn van die plaas Mooiplaas se wildkamp het ’n hartebees en drie volstruise doodgebrand.

Die waarde van die hartebees beloop R4000 en die volstruise R1000 stuks.

Benewens 130 hektaar wat op Steyn se plaas vernietig is, het hy ook 500 bale voer verloor.

Die brande oor minstens ses plase heen het die landskap buite Koppies nou in swart gehul.

Die verskroeide aarde is vir etlike kilometers op die Heilbron-grondpad te sien.

Gutter sê die brand het hom “finansieel vernietig”.

“Die vraag is, wat maak ek nou vorentoe? Ek is ’n klein boer en dié het my hard geslaan,” het ’n verslae Gutter gister aan Volksblad gesê.

Gutter sê sy vrou, Johanna, vat die terugslag erg.

“Ek sal nou die skerwe moet begin optel. Al wat ek het, is geloof.

“Ek het die 15 voerkalwers slagplaas toe gestuur, waaruit seker 10?kg vir ontbening gekry kan word. Dit was eers toe ek die kalwers op die wa gelaai het dat ek behoorlik gehuil het.”

Die Koppies-boere staan mekaar só by dat dit ’n mens eintlik bewoë maak, sê Gutter.

Van die ander boere het vir hom voerbale geskenk.

Steyn sê dit is nie bekend hoe die vuur ontstaan het nie.

“Iemand het seker langs die pad ’n brandende ding by die motor uitgegooi,” sê hy.

Die eerste brand is by die Renosterrivier geblus.

“Die wind het egter weer opgekom en alles het van voor af opgevlam. Die vuur het al langs die rivier beweeg en by ’n draai oor die rivier gespring,” vermoed Steyn.

“Die wind was net te sterk en die vuur het vinnig gehardloop. ’n Mens is magteloos.”

In ’n stadium het ’n derde brand ontstaan.

Boere van sover as Vredefort het soos een man saamgestaan om die vuur te blus.

Kokkie Jansen van Vuuren van die plaas Bloekomdraai was een van die brandbestryders.

Volgens haar het die brande 26 uur lank gewoed.

“Dit het net voor ons plaas gestop,” sê sy.

Steyn sê driftig die departement van paaie moet die skouers van die paaie skoon hou. Weens lang gras langs die pad versprei ’n brand baie vinnig.

“En mense wat ’n vuur begin, moet weet hoe om dit te beheer.”

- Volksblad

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: boere

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C programmer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R30000

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.