Enorme grondeis suksesvol
2009-08-26 09:10
Johannesburg – In die grootste grondhervormingsaak tot dusver was die Machete koninklike familie suksesvol in hulle eis vir Mapungubwe, ‘n wêreld erfenis terrein wat beplan was om ‘n nasionale park te word.
Beeld het Woensdag berig dat die familie suksesvol was in hul eis vir Mapungubwe en 56 omliggende plase.
Dit laat die planne om Mapungubwe, in noordelike Limpopo, in ‘n park tussen Botswana, Suid-Afrika en Zimbabwe te omskep in onsekerheid.
Tele Maphoto, Limpopo se kommissaris vir grondhervorming, het aan Beeld gesê dat sy kantore in gesprekke met Sanparke en die Machete familie is om ‘n ooreenkoms te bereik aangaande die toekoms van die grond.
“Dit is ‘n ooreenkoms wat miljoene sal kos,” het Maphoto gesê.
- Sapa