Enkelma kry 10 jaar vir bedrog
2009-09-29 20:36
Kaapstad - ’n Enkelma is Dinsdag tot 10 jaar tronkstraf gevonnis vir bedrog van meer as R1,9 miljoen.
Nomvuzo Mnyazi (35) is ’n voormalige werknemer van Engen.
Mnyazi het op 88 aanklagte van bedrog in Bellville se hof vir gespesialiseerde kommersiële misdaad tereggestaan.
In sy strafrede het landdros Amrith Chabillal gesê dit is verblydend om te hoor ’n maatskappy handhaaf ’n beleid van geen verdraagsaamheid teenoor misdaad so streng.
Chabillal het verwys na ’n verklaring deur Engen se hoof van forensiese ondersoek, Andrew Longo, wat gesê het die oliemaatskappy heg meer waarde aan die vervolging van die misdaad wat Mnyazi gepleeg het as die opsporing van die vermiste geld.
Mnyazi en ’n handlanger, Sindiswa Andrew, se bedrogplan het ten doel gestel om fiktiewe betalings van R1,98 miljoen deur Engen aan Andrew uit te maak.
- Sapa