Engen-vragmotor slaan om
2009-12-30 10:16
Johannesburg - ‘n Vragmotor van Engen het op die hoek van Rifle Range- en Nasrecweg in Johannesburg omgeslaan en 5 000 liter brandstof uitgestort, het nooddienste gesê.
Die bestuurder van dié vragmotor het omstreeks 06:20 vanoggend vermoedelik beheer oor die vragmotor verloor, wat toe omgeslaan en op sy kant geland het, het Nana Radebe, woordvoerder gesê.
“Daar was geen beserings nie maar die bestuurder is op die toneel vir skok behandel,” het Radebe gesê.
Sy het gesê ‘n deel van die pad is vir verkeer gesluit en het motoriste gewaarsku om uiters versigtig te wees as hulle dié roete gebruik.
“Ons probeer om die brandstof te beheer...maar dit sal ure neem om alles skoon te kry,” het Radebe bygevoeg.
- Sapa