Elf vas oor R2,5 milj. se onwettige sigarette
2011-05-20 15:07
Johannesburg – Elf mans is in Cullinan in hegtenis geneem nadat onwettige sigarette ter waarde van sowat R2,5 miljoen in 'n bus gevind is, het die polisie in Gauteng Vrydag gesê.
"Ons het 'n wenk ontvang oor 'n bus op 'n erf in Cullinan waar onwettige sigarette gestoor word," het Johannes Japhta, polisiewoordvoerder, gesê.
Die busbestuurder (49), eienaar van die erf (39), en ses ander werknemers tussen die ouderdomme van 32 en 39 is in hegtenis geneem.
Hulle sal na verwagting Vrydag op aanklag van die onwettige besit van sigarette in die Cullinan-landdroshof verskyn.
Japhta het gesê die bus was op pad om 'n aflewering te maak.
"Die polisie ondersoek waarheen die bus op pad was met die 4,3 miljoen sigarette en waar die besending vandaan gekom het."
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA