Elf beseer in taxi-ongeluk
2009-08-07 09:50
Durban – Elf mense, waarvan drie ernstig, is beseer toe die bestuurder van die taxi waarin hulle gereis het, beheer verloor en teen ‘n versperring langs die pad gebots het.
Die ongeluk het op die M14 in Durban plaasgevind.
Al die mense is op die toneel behandel en na verskeie hospitale geneem vir verdere behandeling.
Chris Botha, woordvoerder van Netcare, het gesê een van die redes hoekom so baie passasiers ernstige beserings tydens ongelukke opdoen, is omdat hulle nie die sitplekgordels in die taxi gebruik nie.
“Dit is die rede hoekom so baie passasiers rondgeslinger word as die voertuig teen iets bots. Dié ongeluk bewys weereens hoe effektief versperrings langs die pad is. As dit nie vir die versperring was nie, kon nie taxi teen ‘n boom of aankomende motor gebots het.”