Elf babas sterf in Natalspruit hospitaal
2010-05-20 18:57
Johannesburg – Dit Gauteng se departement van gesondheid het die dood van 11 babas by die Natalspruit hospitaal in Katlehong bevestig.
Meeste van die babas se identiteit is onbekend.
Qedani Mahlangu, Gautengse LUR vir gesondheid, het ontken dat dié babas se dood verwant is aan die uitbreek van diarree wat sewe babas se lewens geëis het by die Charlotte Maxeke hospitaal.
“Vier van die babas het reeds 48 uur voor die verwagtende moeders by die hospitaal aangekom het, in die baarmoeder gesterf ,” het sy verdedig.
“Drie ander is agt ure voor hul ma’s by die hospitaal kon uitkom in die baarmoeder oorlede.
“Twee van die elf babas is kort na geboorte dood.
“Hulle het minder as 500g geweeg en was net té klein,” het Mahlangu gesê.
Die laaste twee babas was ‘n gesonde gewig by geboorte, maar het ook gesterf.
Sy het egter verseker dat die sterftes ondersoek sal word.
– Sapa