Elektrisiteit in Jhb herstel
2011-04-08 09:26
Johannesburg – Elektrisiteit in die noordelike dele van Gauteng is teen Vrydagoggend herstel nadat 'n tegniese fout 'n ontploffing in 'n substasie veroorsaak het, het 'n beampte gesê.
"Ná die kragonderbreking wat deur 'n brand by die Cynda-substasie veroorsaak is, het City Power elektrisiteit in 80% van die gebiede aangeskakel," het Louis Pieterse, woordvoerder van City Power, gesê.
"Die gebiede wat teen 05:00 vanoggend (Vrydag) aangeskakel is, is Athol, Wierda Valley, Illovo en Inanda."
Ander gebiede wat deur die kragonderbreking geraak is, is Norwood, Melrose, dele van Houghton en Killarney.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA