Ekstra skoolvakke nou te kus en te keur

2011-01-09 10:30
Tweets Share Share line Print

Verlede jaar se matrikulante het altesame sowat 160 vakke geskryf.

Terwyl die gr.12’s van twee dekades gelede hoogstens twee ekstra vakke by hul verpligte ses jaareindvakke geskryf het, is dit deesdae algemeen dat sommige matrikulante tot vyf en ses bykomende vakke het.

’n Groot verskeidenheid “nuwe” tale, asook kultuur- en tegniese vakke het nou hul verskyning op die vaklys gemaak.

Van dié vakke is uiters beroepsgerig om skoolverlaters op ’n loopbaan voor te berei.

Op dié lys van vakke is deesdae tale soos Goedjarati, Hindi, Tamil, Teloegoe, Oerdoe en Arabies – dis benewens Afrikaans, Engels en al nege swart inheemse tale en byna alle Europese tale.

Nog interessante vakke wat hul verskyning gemaak het, is inligtingstegnologie, ingenieursgrafika en -ontwerp, meganiese tegnologie, siviele tegnologie, rekenaartoepassingstegnologie, elektriese tegnologie, wiskundige geletterdheid, seevaartkunde, landboubestuurs-praktyke, landboutegnologie en -wetenskappe, perdestudies, maritieme studies en seevaartkunde, lewenswetenskappe, religiestudies, dansstudies, gasvryheidstudies, besigheidstudies, dramatiese kunste en toerisme.

Naamsveranderinge het ook plaasgevind. “Skeinat” (natuur-en-skeikunde) is deesdae fisiese wetenskappe en huishoudkunde is nou verbruikerstudie.

Waar toegepaste wiskunde en rekenaarwetenskap 30 jaar gelede eers van universiteitsvlak af gevolg kon word, is dit deesdae skoolvakke vir leerlinge wat van gr. 10 af al seker is oor hul naskoolse studierigting.

Terwyl talle matriekkandidate vanjaar met tien of 11 vakke – in baie gevalle almal met onderskeiding – geslaag het, was ses vakke met onderskeiding in die 1980’s en 1990’s ’n topprestasie.

Algaande het die vakaanbieding van topleerlinge tot sewe en agt vakke uitgebrei, en tans is tien vakke redelik algemeen.

Dit is omdat ’n vak soos wiskunde in verskillende rigtings as afsonderlike vakke aangebied word, sê me. Liesel Schoonwinkel van Port Elizabeth, ’n beroepsvoorligter en kenner van die funksionering van die linker- en regterbrein.

Sy sê dis “fantasties” dat kinders deesdae so ’n reuse-vakkeuse het.

“Leerlinge het ’n groter keuse wat betref die gehalte van die matriek wat hulle wil behaal.

“’n Denkvoorkeurmodel word gevolg: Erkenning word daaraan gegee dat verskillende mense verskillende denkvoorkeure het en op verskillende maniere leer.”

In die “ou tyd” was leerlinge vasgevang in die “Groot Vyf”: Afrikaans, Engels, natuur-en-skeikunde, biologie en rekeningkunde, met ’n keuse van die sesde vak.

“Leerlinge was vasgevange mense wat die slagoffers van die onderwysstelsel was.

“Deesdae is leerlinge die produk van die onderwysstelsel.

“Kinders besef daar word vir elke individu voorsiening gemaak.”

Baie mense het nie ná matriek die akademiese uithouvermoë of geld om verder te studeer nie, sê sy.

“Daarom is dit goed dat hulle nou al by matriek uitloop en reeds op ’n bepaalde vlak in ’n bepaalde rigting in diens geneem kan word.”

Mnr. Brian Schreuder, adjunk-direkteur-generaal (kurrikulumstudies) van die Wes-Kaapse onderwysdepartement, sê landwyd het skoolverlaters nou die geleentheid om hulle in landsbelang én vir persoonlike groei te bekwaam.

“Behalwe die kernvakke is daar die kunste en kultuur omdat sekere kinders ’n behoefte hieraan het.”

Perdestudies as vak is aanvanklik ingestel vir die Jokkieskool in KwaZulu-Natal en die twee seevaartrigtings vir die maritieme skool in Simonstad, sê hy.

“Ons is versigtig dat ons die kurrikulum nie só verbreed dat kinders in ’n doodloopstraat beland nie. Ons hou die balans van vraag en aanbod fyn dop. Jy kan nie te veel kinders in ’n vak soos toerisme laat spesialiseer as daar nie ’n vraag daarvoor is nie. Baie vakrigtings is aan bepaalde landsgebiede gekoppel.

“Ons neem in ag dat jy nie elke vak by elke skool kan aanbied en dan steeds gehalteonderwys kan verwag nie.” 

- Rapport

Lees meer oor: matriekuitslae  |  skool

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.