Ekskêrel aangekeer vir Anika-moord

2010-05-18 07:26
Tweets Share Share line Print

Hilda Fourie, Die Burger

Pretoria - Anika Smit se ekskêrel, met wie sy glo drie dae voor haar dood uitgemaak het, is Maandagoggend in verband met die moord op haar in hegtenis geneem.

Nico Venter (21), met wie Anika (17) na bewering ’n maand lank in ’n verhouding was, sal Woensdag in die landdroshof in Pretoria-Noord verskyn.

Venter was die laaste mens met wie Anika op daardie noodlottige Woensdag, sowat twee maande gelede, gepraat het.

Sy het deur die loop van dié dag vir iemand, wat sy glo geken het, die deur van haar ouerhuis in Theresapark in die noorde van Pretoria oopgemaak, waarna sy vermoor en haar hande afgesny is.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, provinsiale woordvoerder, het Maandag net bevestig dat ’n 21-jarige man vroegoggend by die Carousel-casino noord van Pretoria in hegtenis geneem is.

Hy wou nie verdere besonderhede bekend maak nie.

Die Burger het verneem Venter was nog in sy bed, glo saam met ’n vriendin van Anika, toe die polisie op hom in sy woonstel by dié casino toegeslaan het.

Venter is betrokke by die sekerheidsdienste van die casino.

Charlotte Eksteen (51), Anika se ma, was gisteroggend byna in trane toe Die Burger haar oor die inhegtenisneming ingelig het.

“Ek het hom (Venter) nooit ontmoet nie, maar Anika het my sowat twee weke voor haar dood gebel en gesê hulle het erg baklei en dat sy klaar is met hom. Sy het nooit gesê waaroor hulle baklei het nie,” het Eksteen gesê.

“Haar (Anika se) pa het vir my gesê dat hy (Venter) by die begrafnis was. Hy het nog in die kerk gesit en huil en haar pa ’n handdruk gegee.

“Ek kan dit nie glo nie. Ek het heeltyd gewonder wie dit aan my kind gedoen het.

“Ek is bitter, bitter dankbaar iemand is gevang.”

Sedert Anika se moord was Eksteen op sterk medikasie en ook in die hospitaal vir behandeling omdat sy nie Anika se dood kon verwerk nie.

Johan Smit (54), wat die dag van sy dogter se moord op haar lyk afgekom het, het gesê Venter het vroeër by sy huis vir haar kom kuier. Volgens hom was hulle nie in ’n verhouding nie. Hy het gesê die inhegtenisneming kan net daartoe lei dat geregtigheid sal geskied, maar dat niks sy dogter sal terugbring nie.

- Die Burger

 

Lees meer oor: anika smit  |  moorde

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.