Eksamens sal voortgaan
2010-08-24 23:00
Kaapstad – Skole in die Wes-Kaap moet alles in hul vermoë doen om te verseker dat vanjaar se rekordeksamen voortgaan ten spyte van stakende onderwysers, het Donald Grant, provinsiale LUR van onderwys, gesê.
“Ons glo dat die besluit om voort te gaan met hierdie eksamens onder die omstandighede die beste vir die kinders, veral matriekleerlinge, is,” het Grant gesê.
Volgens Grant is matriekleerlinge reeds voorberei vir die eksamens en sal dit onregverdig wees om dit uit te stel.
“Die eksamens se punte maak ook sowat ‘n kwart van die leerders se finale uitslae aan die einde van die jaar uit,” sê Grant.
Daar is ‘n beroep op skole gedoen om alles in hul vermoë gedoen om die eksamens te laat voortgaan.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA