'Ek’s op pad,' sê man kort voor skietdood

2012-01-30 07:01
Tweets Share Share line Print

Pretoria – ’n Gerespekteerde dermatoloog wat Vrydagaand in Riviera koelbloedig deur kapers doodgeskiet is, het minute voor sy dood oor die foon aan sy vrou gesê hy is op pad huis toe.

“Ons gaan gewoonlik op ’n Vrydagaand uit, maar hy het laat gewerk en my om 19:55 gebel om te sê ons moet nog nie gaan slaap nie, want hy gaan amper huis toe ry,” het Brenda Moche (40) Sondag gesê.

Haar man, dr. John Moche (41), wat hoof was van die Steve Biko- akademiese hospitaal se dermatologie-eenheid, is Vrydag omstreeks 20:30 voor ’n woonstelkompleks in Viljoenstraat deur kapers oorval en doodgeskiet.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê dr. Moche en ’n 33-jarige verpleegster was in dié straat, skaars ’n kilometer van die hospitaal, besig om voor die kompleks in sy splinternuwe Range Rover-motor te gesels toe ’n groep kapers die deure oopgeruk en hulle uit die voertuig gegooi het.

Die kapers het .38 Special-rewolwers gehad.

“Een van die kapers het dr. Moche in sy linkerbors geskiet,” het Dlamini gesê.

Die kapers het met die Range Rover weggejaag.

“Paramedici is na die toneel ontbied, maar Moche is op die toneel dood.”

Die Range Rover, wat dr. Moche slegs sowat twee weke gelede gekoop het, is later dieselfde aand verlate in Atteridgeville gevind.

Dlamini het gesê die verpleegster is erg deur die voorval getraumatiseer. Die polisie kon daarom nog nie haar verklaring neem nie.

Dr. Ernest Kenoshi, uitvoerende hoof van die Steve Biko-hospitaal en ’n vriend van dr. Moche, het gesê dit is moontlik dat dr. Moche die verpleegster ’n saamrygeleentheid gegee het, omdat baie van die hospitaalpersoneel in woonstelgeboue naby die hospitaal, onder meer in dié straat, woon.

“Dit is vir my ’n groot skok, want ek het kort voor 20:00 nog lank met hom op die foon gepraat oor verskeie kwessies,” het Kenoshi, wat dié aand ook laat gewerk het, gister gesê.

“Hy het om 20:01 vir my twee e-posse gestuur oor die kwessies wat ons bespreek het. Om 20:50 het ek ’n oproep gekry dat hy geskiet is en in Viljoenstraat lê.”

Kenoshi het hom na die toneel gehaas.

“Die paramedici was reeds besig om hom te probeer bybring, maar hy het geen polsslag gehad nie. Hulle het byna ’n uur lank probeer om sy lewe te red, maar hy is omstreeks 21:30 dood verklaar.”

Kenoshi het gesê hy het Moche goed leer ken sedert hy hom in 2009 as hoof van die dermatologie-eenheid aangestel het.

“Ek het dikwels saam met hom gholf gespeel. Hy was een van die hospitaal se sterre en het nog ’n blink toekoms voor hom gehad.”

Mev. Moche het gesê hul twee dogters, Koketso (21) en Masego (14), en hul seuntjie, Bokang (7), is verpletter deur hul pa se dood en ontvang berading van ’n sielkundige.

“Ek ken hom vandat ek 15 jaar oud was en ons was 12 jaar getroud. Ons het basies ons hele lewe saam bestee. Hy was ’n baie toegewyde, liefdevolle mens en ’n absoluut wonderlike man.”

Dlamini het gesê die polisie ondersoek ’n klag van moord en motorkaping. Die kapers is nog voortvlugtig.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: misdaad  |  kapings  |  moorde

Lewer kommentaar op hierdie artikel
18 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.