Eks-huurmoordenaar se vrou pleeg selfmoord, weer
2010-06-02 12:04
Romeo Mbambo, voormalige huurmoordenaar vir die IFP, se vrou is dood in die badkamer aangetref waar sy haarself gehang het.
Dit is die tweede vrou van dié selferkende huurmoordenaar wat selfmoord pleeg.
Die polisie het Nomfundo Mbambo (23) se lyk omstreeks 11:00 Maandagoggend gevind.
Sy is die vorige aand laas lewendig gesien.
Mbambo, wat amnestie gegee is deur die Waarheid-en-Versoeningskommissie, was nie beskikbaar vir kommentaar nie.
Sy eerste vrou, Thembalethu "Kiki" (née Mbuyazi), het haarself in Desember 2007 met haar man se geweer doodgeskiet.
Mbambo en Thembalethu het blykbaar kort voor sy haar eie lewe geneem het baklei.
Hy het later gesê sy het selfmoord gepleeg as gevolg van jaloesie.
Hy is twee jaar later met Nomfundo getroud.
Destyds het hy aan die media gesê dat hy met Nomfundo getrou het omdat sy “dieselfde gelaatstrekke” as sy gewese vrou het”.
Nomfundo en Mbambo was besig om te skei.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter