Eks-burgemeester in hof vir bedrog
2010-10-19 22:14
Bloemfontein – ‘n Voormalige burgemeester van die Dihlabeng-munisipaliteit (Bethlehem) en twee ander verdagtes het in Bethlehem in die streekshof verskyn op aanklag van bedrog.
Volgens ‘n beampte by die hof is die saak teen David Lengoabala en die twee ander verdagtes uitgestel tot 16 Maart 2011.
Na bewering was die voormalige burgemeester en sy twee medepligtiges van Januraie 1996 tot Julie 2004 mede-eienaars van DP Developers.
“DP Developers het die kontrak ontvang om laekoste-behuising op te rig in die Kgubetswana-informele nedersetting,” het sers. Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, gesê.
Lengoabala en sy vennote word daarvan verdrink dat hul dokumente vervals het om geld vir die huise vanaf die departement van behuising te kry.
Hul het glo R200 000 op dié wyse vanaf die departement ontvang.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA