‘Ekonomiese vryheid ook bedreig'

2010-08-19 08:15
Tweets Share Share line Print

Volksblad

Pretoria - Die beperking van mediavryheid kan ook ekonomiese vryheid aan bande lê en Suid-Afrika se reputasie as ’n bestemming vir buitelandse beleggings skaad, meen Gareth Ackerman, voorsitter van Pick ’n Pay.

Hy het in ’n verklaring ’n beroep op die Suid-Afrikaanse sake-omgewing gedoen om by die debat oor mediavryheid betrokke te raak gegewe die noue verband tussen ekonomiese en politieke vryheid.

“Ekonomiese vryheid floreer in ’n omgewing waar mense inligting kan ontvang wat nie aan buitensporige regeringsbeheer of regulasies onderwerp word nie, en dis dié vryheid waarvan Suid-Afrikaanse sake-ondernemings afhanklik is.

“Buitelandse beleggers het die versekering nodig dat ons ernstig daaroor is om korrupsie teen te staan, dat die regering se sake deursigtig en verantwoordbaar is en dat inligting beskikbaar en betroubaar is.”

Ackerman reken daarsonder sal Suid-Afrika se reputasie as ’n bestemming vir buitelandse beleggings skade ly.

Daar is volgens hom ’n noue verband tussen politieke vryheid en ’n vrye mark. “Die geskiedenis het oor die wêreld heen bewys lande wat groter ekonomiese vryheid het, is meer welvarend as lande met minder ekonomiese vryheid. Daar is geen lande wat ekonomiese vryheid beperk wat ryk is nie.

“Daarom moet enige poging van die regering om die vrye vloei van inligting teen te staan of mediavryheid te bedreig, teengestaan word.”

Ackerman het bygevoeg dat Suid-Afrika verreweg ’n beter plek is as wat dit voor 1994 was. “Ons is egter steeds ’n gemeenskap wat probleme met ongelykheid, korrupsie en behoeftiges het – dis uitdagings wat oorkom moet word deur dit openlik aan die lig te bring en te debatteer.”

Pick ’n Pay het oor die jare ook konflik met die media gehad, maar dit beteken nie dat die media nie ’n waardevolle rol speel in die monitering van die sakesektor om te verseker dat die regte standaarde en gedrag gehandhaaf word nie, het Ackerman gesê.

“Ons het ook altyd gevind dat die media bereid was om foute reg te stel as ons dit kon bewys.”

Die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid het ook Woensdag in ’n verklaring gemaan sekere aspekte van die Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting kan daartoe lei dat kommersiële inligting geheim gehou word en dus mededinging (in die sakewêreld) beïnvloed.

- Volksblad

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: gareth ackerman  |  media  |  persvryheid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.