Ek weet niks, sê taxi-man ná ongeluk

2011-11-16 09:06
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – “Ek weet nie... ek weet nie... ek weet nie.”

Jacob Humphreys (56), wat agter die stuur was van die minibustaxi waarin tien kinders by ’n spooroorgang in Blackheath gesterf het, het Dinsdag herhaaldelik in die Wes-Kaapse hooggeregshof getuig hy kan nie onthou hoe dit gebeur het nie.

Humphreys ontken skuld op tien aanklagte van moord en vier van poging tot moord ná die ongeluk op 25 Augustus verlede jaar. Hy het oor ’n spooroorgang in Buttskopstraat, Black­heath, gery en die voertuig het voor ’n trein beland. Tien kinders is dood en vier is ernstig beseer.

“Ek weet nie,” het Humphreys geantwoord toe hy gevra is of die vier ooggetuies se weergawes van die ongeluk aan die hof korrek kan wees.

“Ek weet nie,” het hy weer gesê toe daar gevra is hoe sy voertuig voor die trein beland het.

Humphreys het getuig hy het gesien dat die valhekke reeds gesak het. Hy onthou ook dat die ligte by die hekke geflits het.

Hy het hierna ’n u-draai in die rigting van die spooroorgang gemaak, maar onthou daarna niks verder nie. Sy volgende herinnering is hoe hy buite die taxi bygekom het.

Sy regsverteenwoordiger, adv. Johann Engelbrecht SC, het aan hom gevra of hy die kinders se dood begeer het. “Onder geen omstandighede nie,” het Humphreys geantwoord.

In kruisondervraging het adv. Susan Galloway, die staatsaanklaer, dit aan Humphreys gestel dat vier mense aan die hof vertel het hoe sy voertuig by die kruising gekom het. “Hulle sê u het verby stilstaande motors gery, verby die boom en die spoorlyn naaste aan u oorgegaan.”

Humphreys: “Dit is wat hulle sê.”

Galloway: “’n Voertuig kan nie vanself so doelgerig beweeg nie. Hoe ook al die voertuig daar gekom het, dit was ú handeling.”

Humphreys: “Ek weet nie.”

Regter Robert Henney het dit aan Humphreys gestel dat die voertuig volgens objektiewe feite voor die trein ingery het. “Kan u dit aanvaar?” wou hy weet.

Humphreys: “Ek kan dit nie aanvaar nie. Ek weet niks nie.”

Galloway: “U was ’n bietjie laat daardie oggend. U was ongeduldig. U wou nie daardie een minuut wag tot dit veilig is nie. U wou daardie kans vat. ’n Kans waarby u die meeste verloor het toe tien kinders hul lewe verloor het.”

Humphreys: “Ek het verduidelik dat ek nie kan onthou nie.”

Die verhoor duur voort.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.