Ek was Dirk se seksslaaf

2010-02-05 08:46
Tweets Share Share line Print

Julian Rademeyer

Minsk (Belo-Rusland). – Haar “nege maande van hel” saam met Dirk Prinsloo “het meer soos nege jaar gevoel”, sê een van sy Russiese minnaresse.

Prinsloo is ’n “perverse bliksem” en ’n “monster... wat in ’n hok toegesluit hoort”, sê Anastasia (23), wat eksklusief met Beeld gepraat het op voorwaarde dat haar van nie bekend gemaak word nie.

In ’n drie uur lange onderhoud het dié fyngeboude groenoog-blondine dié “hel” in detail beskryf.

“Dit het meer soos nege jaar gevoel. Dit is tyd dat iemand praat. Ek moet sy laaste slagoffer wees.”

Sy sê Prinsloo het haar in ’n vreesbevange, onderdanige “seksspeelding, slaaf en huisvrou” verander wie se enigste doel was om sy toenemend ontaardende seksuele behoeftes te bevredig.

“Ek was vir hom net ’n seksuele speelding, niks meer nie.”

Prinsloo se erge sielkundige en emosionele mishandeling het van haar ’n “robot” gemaak, sê sy.

“Ek het op die ou end nie meer omgegee wat hy aan my doen nie... Dit was selfs vir my moeilik om in daardie stadium te weet wat die verskil tussen reg en verkeerd is.”

Anastasia, ’n prokureur, is verontwaardig omdat Prinsloo in die Baranowitsji-distrikshof onskuldig bevind is op aanklagte dat hy haar “sistemies” aangerand, gemartel en met die dood gedreig het.

Sy sê wette is “onvoldoende vir die hantering van gevalle waar vroue mishandel is”.

Volgens Anastasia moet Prinsloo “vroue verneder om magtig en seksueel geprikkel te voel”.

Hy het haar sy “menslike toilet” genoem en gereeld perverse dade uitgevoer wat daarmee saamgaan, haar geslaan om haar te “laat gehoorsaam”, haar gedwing om hom “God en Pappa” te noem en haar gedwing om sy gesig en naam op haar onderlyf te laat tatoeëer.

Hy het haar geleer om tydens seks vulgariteite in Afrikaans aan hom te sê.

Geweld het hom seksueel geprikkel en dikwels, nadat hy haar geslaan het, het hy haar gedwing om seks te hê. Tydens seksdade het hy haar gewurg, geklap en op haar gesig gespoeg.

Hy het gewelddadige sataniese fantasieë aan haar beskryf wat hy wou hê sy hom moes help vervul.

Hy het haar rekenaar oorgeneem en ure daarop deurgebring deur pornografie van die internet af te laai.

Hy het geen geld gehad nie en Anastasia moes vir hom sorg. Sy het in dié proses duisende dollars geleen wat sy steeds probeer terugbetaal.

“Ek is nie baie gelowig nie, maar toe hy uiteindelik uit my lewe is, het ek na ’n kerk gegaan en ’n kers aangesteek om God te bedank dat ek nog lewe.”

’n Jaar later sukkel sy steeds om die stukkies van haar verpletterde lewe bymekaar te skraap.

Die tatoeëermerke op haar liggaam is ’n daaglikse herinnering aan hom.

“Ek probeer om hulle te laat verwyder, maar dit is baie duur en sal lank duur. Daar is geen waarborg dat dit heeltemal verwyder kan word nie.”

Nagmerries spook nog by haar en sy gee toe sy het berading nodig. Sy kan dit egter nie bekostig nie.

‘Hy haat Cézanne’


Die patroon van die misbruik wat Anastasia beskryf, toon skokkende ooreenkomste met die getuienis van Cézanne Visser, Dirk Prinsloo se voormalige minnares, tydens dié se verhoor in Pretoria.

Visser was Prinsloo se “godin” en ideale vrou, het Anastasia gesê, want “sy het hom toegelaat om alles te doen”. Maar hy haat Visser omdat “sy hom verraai het”.

- Beeld

Lees meer oor: dirk prinsloo

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

elkita.robbertse sê... Die beloftes het begin.Beloftes wat leeg is van enige waarheid.Geen skaamte..Die anc hget geen einde wat korrupsie aan betref nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RunX 140 RT 5-dr MY05
2005
R 105,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 123,120.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 109,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.