'Ek is bly hy is gevang'

2011-10-30 09:06
Tweets Share Share line Print

Potchefstroom - Amper twee jaar is verby en die man wat haar dogter verkrag het, is agter tralies.

Vir die verkragte meisie se ma sal die treurspel egter nooit afgesluit wees nie.

Sy is die ma van een van die slagoffers van die vermeende Sondag-verkragter, Johannes Jacobus­ (Jaco) Steyn (35).

Die 12-jarige van Potchefstroom was op pad huis toe van ’n kafee af toe ’n man haar met ’n vuurwapen sy bakkie ingedwing en 20 km ver gery het na Boskopdam.

“Sy was maar 100 m van die huis af toe hy haar gevat het,” sê die ma.

Daar gekom, het hy haar geblinddoek met haar eie hemp.

Die nagmerrie-dag was Maandag 9 November 2009.

Die verkragter het die kind net daar gelos en met haar onderklere verdwyn.

Sy het self kilometers ver na die naaste huis gestap om hulp te soek.

“As jy hoor jou kind is ontvoer, verwag jy die ergste, dat jy haar nooit weer gaan sien nie.”

Op ’n vraag wat sy vir die aanvaller sou wou sê, laat sak die ma eers haar kop in stilte. “Ek sal vra hoekom hy dit doen… maar ek weet nie of ek regtig wil weet nie.”

Steyn se inhegtenisneming bring ’n mate van verligting.

“My kind is net so bly dat hy nie nóg meisies kan seermaak nie.”

Skoolmaats het van die Sondagverkragter gepraat en later het die meisie ’n skets van hom in die koerante gesien. “Toe weet ons dit is hy!”

Die ma sê sy het die man vergewe, want sy lewe volgens Bybelse riglyne. Ná die verkragting het sy vasgeklou aan haar geloof.

“Ek het baie gedink, getob… Maar mens moet vergewe, anders sal jy mal raak.”

Terwyl die ma praat, stap die Sondag-verkragter se slagoffer (nou 14) in. Die mooi, blonde meisie glimlag en groet vriendelik.

“Ek is bly hulle het hom gevang, tannie,” is al wat sy sê.

“Dis vir my so jammer dat haar eerste kennismaking met dit (seks) altyd so ’n slegte herinnering gaan wees. Al vergewe mens – sy gaan dit altyd onthou,” sê die ma.

Sy sê haar dogter was verpletter, kwaad vir die Here omdat hy toegelaat het dat die “nice, vriendelike Afrikaanse omie” sulke goed aan haar doen, maar nou voel sy bemagtig.

“Sy het soveel simpatie en empatie met ander mense. Sy ken die vrees wat Louise (de Waal) gevoel het en haar hart bloei vir Louise se ma. Sy praat gereeld met haar vriendinnetjies oor veiligheid.”

Dié ma sê sy voel jammer vir Steyn se vrou en kind. “Siestog, hulle moet so bedrieg voel.”

Volgens lt.kol. Tshisikhawe Ndou, polisiewoordvoerder, het Steyn erken hy het die meisie verkrag. “Daar is 10 sake en meer as 30 aanklagte teen hom waaronder ontvoering, onsedelike aanranding, verkragting en moord.”

Steyn verskyn op 13 Desember weer in die hof en is in polisieaanhouding.

– Volg Nuus24 op Twitter


 

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.