'Ek het ‘n klik-geluid gehoor'

2011-12-01 22:58
Tweets Share Share line Print

Pretoria – ‘n Man wat tydens ‘n rooftog by ‘n supermark geskiet is, het geglo hy sou tereggestel word, het die Hooggeregshof in Pretoria Donderdag gehoor.

“Ek het ‘n klik-geluid gehoor, maar geen skoot het afgegaan nie. Ek kan steeds daardie klank hoor,” het André Erlank sen., ‘n lid van die Mnandi-gemeenskapswag in Centurion, gesê in die verhoor van Mandla Ntuli (26).

Ntuli word daarvan beskuldig dat hy Erlank geskiet het. Hy word ook daarvan aangekla dat hy ‘n lid van die gemeenskapswag, Louis Viljoen (39) vermoor het en Erlank se seun met ‘n vuurwapen aangerand het. Hy het die Mnandi Spar op 2 Februarie 2009 beroof.

Ntuli pleit onskuldig op al die aanklagte. Sy vermeende medepligtiges, Mzokhona Nene (23) en Sibusiso Sibiya (24), word gesoek.

Erlank het gesê hy en sy seun het by die supermark aangekom enkele minute voor die rooftog plaasgevind het. Sy seun was binne toe Erlank mense sien instap het.

Nog ‘n man het ingestap, ‘n vuurwapen by sy broek uitgetrek en dit in die winkel afgevuur.

Erlank het gesê hy het die Gemeenskapswag in kennis gestel, toe Ntuli sy motordeur oopgemaak en hom in die bors geskiet het.

Hy het uit die motor gekruip en is deur twee van die rowers teen die grond vasgepen. Hulle het sy sakke deursoek vir geld en sy selfoon.

Een van hulle het ‘n vuurwapen teen sy kop gedruk en die sneller getrek, maar geen skoot het afgegaan nie.

Die rowers het gevlug toe lede van die Gemeenskapswag gearriveer het.

Erlank is deur ‘n vriend na die hospitaal geneem. Die rowers het op hulle geskiet soos hulle weggery het.

Die verhoor duur Vrydag voort.
 
- Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lees meer oor: rooftogte  |  hofsake

Lewer kommentaar op hierdie artikel
19 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.