'Ek het gevlug weens doodsdreigement' – Moyo

2012-01-24 23:08
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Die misdadiger Bongani Moyo het Dinsdag in die Pretoria-streekhof gesê hy het uit aanhouding ontsnap omdat ‘n polisiebeampte gedreig het om hom dood te maak.

“Ek is onskuldig. Die polisiebeampte het gesê hy gaan my doodmaak as ek nie saam met hom uitgaan en ‘n paar mense uitwys nie. Toe hy weer die hofsaal binnegegaan het, het ek opgestaan en geloop.”

Moyo het aan die hof gesê hy was bang die polisiebeampte sou die daad uitvoer.

“Ek het nie die mense geken wat hy wou gehad het ek moes uitwys nie en het nie geweet wat om te doen nie. My medebeskuldigdes [in die reeks rooftogte waarvan hy beskuldig word] het selfs vir my gesê ek gaan doodgemaak word. Die polisiebeampte het hulle vroeër vertel,” het Moyo gesê.

Die saak is tot 3 Februarie uitgestel.

Die hof het Dinsdag verdaag sodat Moyo kans kan hê om dokumente te lees van verrigtinge in ‘n hofverskyning wat hy op 10 Augustus 2011 gemaak het.

Hy het verskyn op aanklag van roof. Dit was die dag waarop hy op krukke uit die hof ontsnap het.

Moyo is deur die hof gesê hy kan van die inligting in dié dokumente gebruik as deel van sy verdediging, sou hy wou. Ná die verdaging het hy gesê hy het die dokumente gelees, maar hulle nie verstaan nie. Die hof het toe weer verdaag.

Die dokumente is aan Moyo gegee aangesien hy geen regsverteenwoordiging gehad het nie. In September 2011 het hy aan die hof gesê hy sal homself verdedig teen die aanklag dat hy uit aanhouding ontsnap het. Hy het ook nie om borgtog aansoek gedoen nie.

‘n Regsverteenwoordiger van die regshulpraad is Dinsdag aangewys om Moyo te verteenwoordig.

Moyo, wat in handboeie en voetboeie was, is deur verskeie polisiebeamptes by die hof in vergesel.

- Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lees meer oor: bongani moyo

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

peppermentze sê... Die betogers het geen mag, behalwe die van verwoesting nie en hul gebruik dit deeglik. Hulle moet die brandstigters, vandaliste, ens., dwing om die geld wat vermors word, terug te werk - elke sent. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 2.0 TDi Highline DSG MPV Dsl
2007
R 219,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ LWB LE Dsl PU MY10
2011
R 204,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.