‘Ek het Brett Kebble net vir die geld doodgeskiet’

2010-07-28 07:51
Tweets Share Share line Print

Johannesburg. - Hy was woedend toe hy agterkom Glenn Agliotti weet hy is betrokke by die plan om Brett Kebble te vermoor, het Nigel McGurk, een van Kebble se selferkende moordenaars, in die hof getuig.

“Agliotti is die laaste mens wat ek wou hê moes weet waarby ek betrokke is. Hy praat te veel. Hy noem ons altyd sy boysen dit irriteer my.”

Agliotti staan in die Suid-Gautengse hooggeregshof tereg op aanklagte van moord op Kebble, asook poging tot moord en sameswering tot moord.

“Ons het in daardie stadium al ’n reputasie gehad dat ons die ­muscle-manne is en mense intimideer. Ek het gevoel Agliotti het op ons rûe gery deur ons name te gebruik. Ek het nie van Agliotti gehou nie.”

McGurk het getuig hy het op 22 September 2005 – die eerste dag waarop hulle Kebble sou vermoor – ’n oproep van Kebble gemis. Hy het teruggebel en Kebble het gesê: “Call the boys off.”

“Vir my het dit beteken ons moenie voortgaan met die planne om Kebble dié aand te skiet nie.

“Ek was woedend dat Agliotti ook van die beplande moord geweet het. Ek het dit die volgende dag vir (Clinton) Nassif gesê, en hy het gesê Agliotti is vriende met Kebble en hy is belangrik omdat hy die geld vir die job sou kry.”

Nassif het glo die opdrag vir die moord op Kebble gegee.

“Ons sou elkeen R500 000 kry. Volgens Nassif het Agliotti nog nie die geld gekry nie en daarom het hulle die planne die vorige dag gestop. “Ek het dit (om Kebble te skiet) vir die geld gedoen.”

McGurk het getuig hoe die pistool twee keer geweier het toe hulle Kebble moes skiet. Hy het vir Mikey Schultz gesê hy moet dit nie vir Nassif vertel nie, want dit lyk darem nie baie professioneel nie. Volgens McGurk het hy sy opdragte van Schultz gekry. Hy het by Schultz gekla hy wil sy geld hê, want ná die moord het hy net R30 000 gekry.

“Mikey (Schultz) het my sowat drie maande later gebel en gesê ek moet na die ontkleeklub The Grand kom. Hy het gesê Agliotti is ook daar en wil met my praat.

“Agliotti het alleen by die soesji-kroeg gesit. Ek het gesê ek wil my geld vir die job hê. Hy het gesê hy het alles aan Clint (Nassif) betaal.”

Volgens McGurk is hy “uiteindelik vir my werk betaal” toe hy ’n tjek vir R300 000 gekry het.

“Later is Clint gevang. Hy het toe alles uitgelap, en dis hoekom ek hier is.”

- Die Burger

Lees meer oor: glenn agliotti  |  brett kebble  |  hof

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Holle dreigement. Jou inkomstebelasting word deur jou baas afgetrek. En as jy winkel toe gaan kap die winkelier jou 14% BTW sonder jou goedkeuring af. En, as jy jou eie baas is en jy weerhou jou belasting, spoor die wawydwakker belastinggaarder jou vinnig op en hy le beslag op jou kar, huis en meubels en verkoop dit spotgoedkoop by 'n staatsveiling. En dan gaan jy tronk toe. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Manager Africa Tax Coordination Services

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Innovative Delphi Developers with strong OO skills - JHB

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R450000

ASP .Net Developer

Cape Town, South Africa
Nu Beginnings Recruitment Specialists
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.5DCi High Dsl PU
2010
R 154,990.00

MERCEDES

ML 320 4x4 AT
1999
R 143,700.00

CHEVROLET

Corsa 1.8 Club Utility MY10 PU
2011
R 139,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.