Ehrenreich teen De Lille vir burgemeesterspos
2011-03-08 12:51
Kaapstad – Tony Ehrenreich, Wes-Kaapse sekretaris van Cosatu, is Dinsdag amptelik aangewys as die ANC se burgemeesterskandidaat vir die Wes-Kaap.
Ehrenreich sal te staan kom teen Patricia de Lille vir die burgemeesterspos vir die stad Kaapstad.
Cosatu het Maandag gesê in 'n poging om "die gesig van politiek in die stad Kaapstad te verander," wil die federasie 'n burgemeesterskandidaat nomineer vir die ANC.
Die kandidaat wat as wenner uit die stryd tree, sal die huidige burgemeester van die stad Kaapstad, Dan Plato, opvolg.
Volg Nuus24 op Twitter
- Nuus24