Egpaar wreed aangeval

2011-05-09 07:02
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein - In die soveelste wrede aanval op ’n Vrystaatse kleinhoewe is ’n bejaarde egpaar die naweek getraumatiseerd gelaat nadat twee verdagtes hulle met ’n mes en hamer oorval het.

Dit is die vierde aanval in die misdaadgeteisterde Bloemspruit, Bloemfontein, sedert September verlede jaar.

Alje van Deemter (70) en sy vrou, Annemarie (70), is Saterdagoggend in hul huis aangeval.

Mnr. Van Deemter se linkerarm is verskeie kere met ’n hamer geslaan soos hy sy kop probeer beskerm het. Dié aanvaller het ’n klapmus gedra. Die hamer het uit die egpaar se motorhuis gekom.

Mev. Van Deemter is erg gekneus. ’n Mes is in ’n stadium teen haar nek gehou.

Mnr. Van Deemter het Sondag uit die Bloemfontein-Medi-Clinic gesê dit is net ’n “Goddelike wonderwerk” dat hy en sy vrou se lewe gespaar is.

“My vrou sê dié ervaring was erger as haar hartomleiding enkele maande gelede.” Mnr. Van Deemter het al ’n heupvervanging gehad en het rugprobleme.

Die egpaar is vanjaar 40 jaar getroud. Dit is wanneer hy oor sy vrou praat dat die emosie hom oorweldig.

“Ek het my deurentyd net daaroor bekommer of sy veilig is. Hulle kon my maar doodmaak; ek het net gesmeek hulle moet haar net nie leed aandoen nie, hulle kan vat wat hulle wil.”

Van Deemter sê hy is by die agterdeur by die kombuis oorweldig toe hy en sy vrou op pad was dorp toe. Dit is nie duidelik hoe lank die aanvallers op die perseel was voordat hulle hul kans waargeneem het nie.

Sy vrou was nog in die eetkamer, wat aan die kombuis grens, toe hy oorval is. Die egpaar is in die onderskeie vertrekke vasgebind, sy aan die eetkamertafel met ’n duvet oor haar kop. Die honde se wolkombers is styf oor haar man se kop gebind.

Hy is so vasgebind dat hy gewurg is wanneer hy sy bene probeer losmaak het. Die rowers het kontant uit hul beursies, hul selfone en vleis uit hul yskas gebuit en op die vlug geslaan.

Van Deemter sê hy en sy vrou het die res van die oggend geworstel om hulself te bevry.

“Ek het so ’n goeie vrou. Sy het dit eindelik reggekry om haarself met haar tande los te wikkel.” Die toue kom uit die egpaar se motorhuis.

“Al waaraan ek dink, is aan alles wat kon gebeur het. Veral toe hulle die kombers oor my kop gooi. Nog nooit het ek en my vrou so hard en innig gebid nie.

“Later het ons my 16 pond-hamer en ’n ysterpyp gekry waar dié ook gereed gesit is.”

Die egpaar, wat oorspronklik van die Goudveld is, het in 1997 Bloemfontein toe verhuis.

Hulle woon reeds agt jaar op die kleinhoewe. Hulle oorweeg dit sterk om vir hul eie veiligheid te trek. Hy sê dit is die eerste keer dat só iets gebeur. Die honde, twee boerboele en ’n Jack Russell, het nie gereageer asof die aanvallers vreemdes is nie.

Van Deemter prys die Bloemspruit-buurtwag, wat eerste op die toneel was, vir sy hulp. Ook die Bloemspruit-polisie, insluitend die kantoor se bevelvoerder, het hulle te hulp gesnel. Die egpaar het drie kinders en sewe kleinkinders.

Lt.kol. Annelie Wrensch, provinsiale polisiewoordvoerder, het Sondagaand bevestig geen verdagtes is nog aangekeer nie.

Volksblad het reeds berig oor verskeie wrede aanvalle vanjaar op kleinhoewes oos van Bloemfontein. Dit sluit ook Estoire in.

Die swanger Monya Holtzhausen (21) is in Oktober 2010 in Estoire aangeval en verkrag.

’n Maand later is die bejaarde Ben Steyn op sy hoewe in Bloemspruit wreed met ’n piksteel doodgeslaan.

Hennie Viljoen (51), ’n sakeman, is in Desember verlede jaar met skerp voorwerpe gesteek en met klippe doodgeslaan.

Johannes Foster van Estoire is vroeër vanjaar in die hospitaal opgeneem nadat hy in Estoire met ’n graaf aangerand is.

- Volksblad

Lees meer oor: misdade  |  aanvalle  |  geweld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
37 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

penelope.jones.144 sê... Onse genade, het ons dan nie universiteite in Suid-Afrika nie .. ? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

MERCEDES-BENZ

C 320 Elegance AT
2001
R 99,990.00

RENAULT

Scenic 2.0 Dynamique AT MPV
2003
R 85,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.