Egpaar wat seun verloor, nou dogter ryker

2009-10-28 10:30
Tweets Share Share line Print

Loraine Kalp

Bloemfontein - ’n Bloemfonteinse egpaar wat verlede jaar hul babaseun minute ná sy geboorte in die Nasionale Hospitaal verloor het, is die trotse ouers van ’n baba. Dié keer ’n babadogter.

Stephan Verwey (30) en sy vrou, Annemarié (28), se babadogtertjie, Terry-Behr, is op 29 September in dieselfde hospitaal gebore waar hul seuntjie, Zander Zohan, verlede jaar op 12 Augustus gebore is en ná ’n paar minute gesterf het.

Die egpaar glo steeds vas die beweerde nalatigheid en hardhandige hantering van die baba het sy dood veroorsaak.

Hulle wag steeds, ná 14 maande, op die verslag van die ondersoek wat deur die departement van gesondheid gedoen is.

Maar die egpaar sê die diens wat hulle met die geboorte van hul dogtertjie ontvang het, is presies die teenoorgestelde van die vorige keer.

“Ek was vreesbevange nadat ek ses maande later gehoor het ek is swanger. Ek wou alles in my vermoë doen om nie weer in die Nasionale Hospitaal te kraam nie,” sê Verwey terwyl die pienk bondeltjie rustig in haar ma se arms slaap.

Die gesin, wat weens geldelike omstandighede nie aan ’n siekefonds behoort nie, het gevrees dat hul tweede baba se lewe ook in gevaar gestel kon word indien hulle nie private hospitaalsorg ontvang nie.

Hulle het om dié rede ’n hulpfonds, die Zander Zohan-hulpfonds, gestig. Dit het egter tot niks gelei nie en die egpaar is saam na die Universitas-hospitaal. Daar is hulle terug na die Nasionale Hospitaal verwys.

Die hoof van die afdeling het hulle egter verseker dat hy self sal toesien dat alles goed afloop.

Die kleinding het haar opwagting vier weke voor die tyd gemaak.

Verwey het die Maandag voordat sy gekraam het, nog gewerk. Die aand het sy reeds begin ontsluit en is sy in die hospitaal opgeneem. Hul kleinding is die volgende oggend met ’n keisersnit gebore.

“Ek het haar nie vir een oomblik onder my oë laat uitgaan nie. Ek het haar heeltyd by my gehou. Ek was só bang sy kom iets oor,” sê Verwey.

Mnr. Verwey het elke oomblik wat hy kon, saam met die twee vroue in sy lewe in die hospitaal deurgebring.

Twee dae ná geboorte het die kleinding geelsug opgedoen.

Mev. Verwey sê toe die kleinding nie op die behandeling reageer nie, is sy na die pre-mature babas verskuif.

“Ek is die Vrydag al ontslaan, maar die personeel het spesiaal ’n bed vir my naby die kleinding ingerig sodat ek haar steeds kon borsvoed. Ek het by haar gebly totdat sy ook ontslaan is.”

Die egpaar sê hulle kan regtig nie kla oor die behandeling nie en is die professor wat hulle so goedgesind was, ewig dankbaar.

“Ek oorweeg steeds regstappe om antwoorde te kry oor my seun se dood,” sê Verwey.

Intussen slaap die kleinding rustig voort en sê die ouerpaar sy is die soetste babatjie wat al elke nag deurslaap.

- Volksblad

Lees meer oor: baba dood

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Trippie sê... Jy's stout ! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-29°C Isolated tstorms. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 16-27°C Passing showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 21-30°C Strong thunderstorms. More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Light rain. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-25°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.0 VVT-i PU MY09
2011
R 175,900.00

FORD

Ikon 1.6 Ambiente MY09
2010
R 109,900.00

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr MY07
2010
R 99,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.