Egpaar sterf, seun beseer in gru-botsing
2010-07-11 05:40
Johannesburg - 'n Egpaar is dood en hul 16-jarige seun is beseer ná hul BMW Saterdagaand op die N1 naby Vanderbijlpark omgeslaan het, het paramedici in Gauteng gesê.
"Die gesin was glo op pad huis toe ná hulle by familie in Kroonstad gekuier het, toe hul BMW omgeslaan en sowat 200m gerol het," het Tristan Wadeley, 'n woordvoerder van ER24, gesê.
"Ná die motor omgeslaan het, het die pa na die pad gestap om hulp te soek en is deur 'n verbygaande vragmotor omgestamp."
Die ma is ook dood op die toneel gevind.
Die seun het talle bene in sy lyf gebreek en is na die Sebokeng-hospitaal geneem.
Die polisie ondersoek die saak.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA