Egpaar sterf, kinders beseer in ongeluk
2012-01-09 12:00
Johannesburg – ‘n Egpaar het gesterf en hul twee kinders is beseer toe hul motor teen ‘n boom op die N4 buite Swartruggens gebots het, het die departement van gemeenskapsveiligheid in die Noordwes gesê.
Lesiba Moses Kgwele, ‘n woordvoerder vir die departement, sê die 30-jarige vrou het beheer oor die voertuig verloor.
Sy sê die motor het van die pad afgegaan, ‘n boom getref en omgeslaan.
Volgens Kgwele word daar vermoed dat die vrou vir iets uitgeswaai het, aangesien daar remmerke op die pad was.
Die vrou en haar man is dood verklaar. Hul 13-jarige dogter en vyfjarige seun is ernstig beseer en is na die Ferncrest-hospitaal in Rustenburg geneem.
Die gesin het van Mafikeng na Centurion gereis.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA