Egpaar spring aanval vry

2011-02-24 07:00
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein - ’n Bloemfonteinse man en sy vrou sou waarskynlik nog slagoffers in die misdaadgeteisterde Bloemspruit geword het as hy nie buite ’n ander paadjie as gewoonlik gevolg en sodoende ’n aanvaller gewapen met ’n panga gesystap het nie.

Die Bloemspruit-buurtwag het die egpaar onmiddellik te hulp gesnel, maar die Bloemspruit-polisie het eers meer as twee uur later opgedaag, sê die egpaar.

Meisie Niemann (62) vertel sy en haar man, Faan (64), het Maandagaand 7de Laan op televisie gekyk toe hul hond buite begin blaf.

Toe haar man by die huis uitstap, het ’n man met ’n panga in sy hand om die draai gekom.

“Voetspore het later gewys daar was nog ’n vermeende aanvaller op die toneel.

“As my man soos gewoonlik buite muurlangs gestap het, sou hy beslis gekap of gesteek gewees het. Hy het gelukkig weg van die muur gestap en toe die wagtende aanvaller om die draai gesien.

“My man het daarna agteruit gespring en probeer hardloop na die afdak om ’n plank te gryp. Toe hy weer sien, was die man weg.”

Mev. Niemann het intussen besef daar is fout en het haar buurman, ’n polisiebeampte en buurtwaglid, gebel. Hy het dadelik na hul huis gejaag en was al omstreeks 19:00 daar.

Daarvandaan het hy Bloemspruit se polisiekantoor gebel. Die polisie het eers teen 21:30 opgedaag.

Ander buurtwaglede het dadelik gereageer en blitsig opgedaag.

Die buurtwag het eergister twee rye voetspore buite die huis gekry. Hulle patrolleer ook nou meer gereeld hier. Mev. Niemann sê geen verdagtes is nog deur die polisie in hegtenis geneem nie.

Sy vertel dis ironies dat sy kort voor die bejaarde mnr. Ben Steyn van Bloemspruit se moord einde verlede jaar, hom gewaarsku het om versigtig te wees. Sy vrou is enkele maande voor sy moord oorlede en hy het alleen gebly.

“My senuwees is nou klaar. Ek sit nou die deur met valkoë en dophou. Maar ek besef as jy moet doodgaan, sal jy doodgaan, of jy nou trek, of nie trek nie,” het mev. Niemann gesê.

Frans Croucamp, wat in beheer van die Bloemspruit-buurtwag se patrollies is, sê die buurtwag het al vele suksesse behaal.

Ook in dié geval kon hulle vinnig die egpaar te hulp snel.

Hy sê vandat hulle in November met die buurtwag in Bloemspruit begin het, het hulle al verskeie mense se vee ook weer help terugkry.

Hul ledetal groei steeds. Croucamp sê nie net is ’n buurtwag vandag noodsaaklik nie, dit is ook belangrik vir buurtwagte om nou met die polisie saam te werk om sodoende misdaad te bekamp.

Volksblad het ook in Desember berig oor Hennie Viljoen (51) van Bloemspruit wat wreed met skerp voorwerpe gesteek en met klippe doodgeslaan is.

- Volksblad

Lees meer oor: aanvalle

Lewer kommentaar op hierdie artikel
35 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

penelope.jones.144 sê... Onse genade, het ons dan nie universiteite in Suid-Afrika nie .. ? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

MERCEDES-BENZ

C 320 Elegance AT
2001
R 99,990.00

RENAULT

Scenic 2.0 Dynamique AT MPV
2003
R 85,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.