Egpaar se lyke in huis gevind
2010-06-07 22:09
Johannesburg - Die lyke van ‘n man en sy vrou is Maandagoggend in hulle huis in Welkom gevind nadat hul skietwonde opgedoen het, het paramedici gesê.
Volgens Chris Botha, Netcare 911-woordvoerder, is die polisie Sondag na die huis ontbied nadat ‘n oproep van gesinsgeweld ontvang is.
“Toe die polisie die toneel verlaat het, was almal rustig en alles onder beheer. Die verhuurder het Maandagoggend besoek aan die paartjie gaan aflê en op hulle lyke afgekom,” het Botha gesê.
Die egpaar het glo albei skietwonde gehad en deur die loop van die nag aan hulle beserings beswyk.
Geen verdere inligting rondom die voorval is nog bekend nie. Die saak word deur die polisie ondersoek.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Nuus24