Egpaar oorleef wrede plaasaanval

2009-11-02 14:42
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Twee mans is in hegtenis geneem nadat hulle glo ‘n bejaarde egpaar in Limpopo aangeval het ná afloop van ‘n kerkdiens.

Izak en Mariaan Jansen van Vuuren is Sondagoggend op hulle plaas naby Swartwater, aangeval toe hulle ná afloop van ‘n kerkdiens by hulle plaashek stilgehou het.  

Volgens Anél Jansen van Vuuren het haar ma en pa met hulle bakkie tot by die hek gery.

Mariaan Jansen van Vuuren het uitgeklim om die hek oop te maak.

“My ma het gesukkel om die hek oop te kry. My pa het uitgeklim om haar te help. Terwyl hulle besig was, het twee mans hulle genader wat glo werk gesoek het.

“My pa het hulle gevra om te loop. Die mans het egter nader geloop en my pa deur die gesig geslaan,” het sy gesê.

Die mans het glo ‘n hamer, stok en byl in hulle besit gehad. Hulle het Izak Jansen van Vuuren begin slaan.

“My ma het in die bakkie gespring en my pa het vir haar gesê sy moet wegry. Sy het gevlug, maar die mans het haar ingehaal en weer teruggeneem na die hek, waar my pa op die grond gelê het.

“Hulle het my pa vasgebind en agter op die bakkie gegooi. Beide mans het voor in die bakkie langs my ma gaan sit en weggery. ‘n Paar kilometer verder het hulle beheer oor die voertuig verloor en in ‘n heining vasgejaag,” het sy gesê.

Izak Jansen van Vuuren het losgekom en begin hardloop. Die verdagtes het hom agternagesit en hy het hulle met klippe bestook. Hy het by plaaswerkers se huise hulp ontbied.

Voor die polisie opgedaag het, het die Jansen van Vuuren-egpaar se bure reeds met ‘n soektog begin om die mans vas te trek.

Izak Jansen van Vuuren is na die Moropong-hospitaal geneem en later na die HF Verwoerd-hospitaal in Pretoria oorgeplaas.

Die beserings aan sy gesig is van so ‘n aard dat hy plastiese chirurgie sal moet ondergaan.

Die twee verdagtes sal binnekort in die plaaslike hof in Lephalale verskyn.

– Sapa

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: plaasaanvalle

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Alphonso sê... Ek dink dis n ras ding aangesien baie mense in weskaap afrikaans praat en dit is n nuwe manier om ontslae te raak van afrikaans sprekendes. Mani het dit nie reg gekry met sy ( miljoen ).Weg dit asb. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bfn: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

318i (E46)
2003
R 119,995.00

VOLVO

S40 2.4i Geartronic
2005
R 169,000.00

TOYOTA

Fortuner 3.0 D-4D RB Dsl
2006
R 249,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.