Egpaar kry skokvonds in kamer

2011-01-25 06:33
Tweets Share Share line Print

Nelspruit. – ’n Egpaar met ’n seuntjie het in die kamer wat hulle by ’n pensioentrekker op Ogies, Mpumalanga, gehuur het, op ’n bisarre vonds afgekom – nege onderbroekies van vermoedelik die slagoffers van molestering.

Die onderbroekies was saam met pornografiese foto’s in bokse in die hangkas wat die paartjie moes skoonmaak om in die kamer te kon intrek.

Elke onderbroekie het die naam van die seuntjie aan wie dit behoort het, daarop gehad – en die datum waarop elkeen van hulle vermoedelik seksueel gemolesteer is.

Een van dié onderbroekies was dié van ’n seun wat in 1982 glo deur die huisbaas (65) gemolesteer is. Dié slagoffer is nou 29 jaar oud.

Op die sewe foto’s wat gevind is, verskyn kaal seuns van tussen tien tot 13 jaar oud.

Die egpaar het ná hul skok-vonds die polisie verwittig. In ’n klopjag verlede naweek op die man se huis het die polisie ook op ’n horde homoseksuele pornografiese boeke, video’s en DVD’s elders in die huis afgekom.

Die man is in hegtenis geneem, het verlede Maandag in die landdroshof in eMalahleni (Witbank) verskyn, en is aangehou tot gister, toe hy op borgtog van R2000 vrygelaat is. Hy is in dié stadium van die besit en vervaardiging van kinderpornografie, asook die onwettige besit van ’n vuurwapen, aangekla. Klagte van onsedelike aanranding en/of verkragting kan dalk later bygevoeg word, sê kapt. Eddie Hall, een van die ondersoekbeamptes in die saak.

Die huisbaas het langer as 35 jaar as operateur by ’n groot staalaanleg by eMalahleni gewerk.

Hy het die kamer glo teen ’n belaglik lae huurprys aan die egpaar aangebied. Die polisie kon tot dusver 12 moontlike slagoffers opspoor met die leidrade wat hulle reeds ingesamel het. Die meeste van die slagoffers, wat deesdae onder meer in Witbank, Klerksdorp en in Doebai woon, het reeds almal verklarings afgelê.

Die man van Klerksdorp is glo in 1978 gemolesteer. Hoewel die polisie hom reeds geïdentifiseer het, het hulle hom nog nie in die hande gekry nie.

Die man wat in Doebai woon, sal blykbaar ’n verklaring by die polisie aflê sodra hy met vakansie Suid-Afrika toe kom.

Nog ’n beweerde slagoffer is ’n 44-jarige man van eMalahleni wat in 1982 gemolesteer is.

Volgens Hall is dié man “emosioneel geknak” en het hy al verskeie mislukte huwelike gehad. “Hy sukkel om in die normale samelewing aan te pas. Hy het dié gebeure nog al die jare onderdruk.”

Hall sê hulle vermoed daar is moontlik baie ander slagoffers wat nog nie opgespoor is nie.

Die verdagte se mees onlangse slagoffer is skynbaar in Junie 2010 gemolesteer.

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: pornografie  |  misdaad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
22 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

penelope.jones.144 sê... Onse genade, het ons dan nie universiteite in Suid-Afrika nie .. ? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

MERCEDES-BENZ

C 320 Elegance AT
2001
R 99,990.00

RENAULT

Scenic 2.0 Dynamique AT MPV
2003
R 85,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.