Egpaar, baba sterf in botsing met kapers

2010-01-25 09:04
Tweets Share Share line Print

Linda de Beer

’n Jong egpaar en hul babaseuntjie van twee maande is die naweek in ’n kop-teen-kop-botsing met motorkapers tussen Derby en Rustenburg dood.

Mnr. Johan Fourie (30), sy vrou, Talita (25), en hul seuntjie Tiaan is eergisteraand op slag dood toe die Toyota Condor-taxi waarin die kapers vir die polisie weggejaag het, reg van voor teen die Mazda 323 gebots het waarin hulle van Rustenburg op pad terug huis toe in Derby was.

Die bestuurder van die Condor, wat vroeër tussen Klerksdorp en Ventersdorp gekaap is, is ook in die ongeluk dood.

Die twee vermeende kapers en die bestuurder van ’n Isuzu-bakkie, wat op die ongelukstoneel in ’n polisievoertuig vasgery het, is beseer.

“Ek wens jy kon sien hoe lyk my kar. Hulle (die Fouries) het nie eens geweet wat hulle getref het nie, toe’s hulle weg,” het Petro de Bruin, mev. Fourie se ma, gesê.

Die egpaar was besig om die motor by haar te koop. Mnr. Fourie sou gister daarmee Sasolburg toe gery het waar hy vandag met ’n nuwe werk as takelaar (rigger) sou begin.

“’n Nuwe toekoms het op hulle gewag. Toe begin dit só rampspoedig. Hulle is in die fleur van hul lewe weg,” het De Bruin gesê.

Kapt. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in Noordwes, het gesê die jaagtog tussen die polisie en die kapers wat tot die ongeluk gelei het, het kort ná 19:00 net buite Ventersdorp begin.

Die Condor het met twee mans en twee vroue van Klerksdorp gery.

Een van die mans het sowat 10km buite Ventersdorp glo ’n vuurwapen op die bestuurder gerig en hom beveel om tot in dié dorp te ry.

“Die vroue het gesmeek om afgelaai te word. Die kapers het ingestem, waarna die vroue reguit polisie toe is,” het Myburgh gesê.

Die polisie het die Condor net buite Ventersdorp op die R30 na Derby en Rustenburg opgespoor. ’n Wilde jaagtog, waarin daar meer as een keer ’n oor-en-weer-skietery tussen die polisie en die kapers was, het begin.

Pogings om die pad af te sper, onder meer by Goedgevonden, het misluk.

De Bruin het gesê haar dogter en skoonseun was in Rustenburg om inkopies te doen vir mnr. Fourie se verblyf in Sasolburg.

Mev. Fourie en Tiaan sou later by hom aansluit.

Hulle het sedert Mei by die De Bruins gewoon terwyl mnr. Fourie sy finale takelaareksamens geskryf het. Hy het deeltyds by Peter Bondesio, bekende plaaslike mode-ontwerper, gewerk.

“Hulle ou babatjie sou Woensdag drie maande oud gewees het. Almal het gesê Tiaan was die pragtigste kind.

“Talita was my sonskynkind. Sy het altyd gesê ‘Ma, I love you!’” het De Bruin gesê.

Die familie het mev. Fourie se broer, Ernie (23), wat Downsindroom het, gister na die ongelukstoneel geneem en vir hom die motorwrak gewys.

Mev. Fourie laat ook haar pa, Ferdi, en ’n suster agter. Mnr. Fourie se ouers, Johan en Marga, bly ook in Derby.

Beeld
 

Lees meer oor: misdaad  |  ongelukke

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Daizy sê... Wessel come to think of it, ek hoop daai baba kry darem so ietsie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 145,995.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2011
R 151,620.00

CHEVROLET

SONIC 1.4 LS 5DR
2012
R 156,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.