Egoli sê totsiens

2009-08-29 21:53
Tweets Share Share line Print

Thinus Ferreira

Kaapstad – Die einde van ’n Suid-Afrikaanse tv-era het gister aangebreek toe die heel laaste toneel van "Egoli" enkele minute ná 17:00 by Sasani Studios in Johannesburg verfilm is. Die trane het vryelik gevloei.

Daar sal nog tot einde Maart episodes van Suid-Afrika se langste aaneenlopende plaaslike sepie op M-Net uitgesaai word, maar gister is die laaste episode met groot emosie opgeneem. Die hele produksiespan en akteurs het almal vir die laaste emosionele oomblik by ateljee vyf saamgedrom om die einde van "Egoli" te vier.

Bobby Heaney, wat die regisseur van "Egoli" se heel eerste episode byna 18 jaar gelede was, was ook regisseur van die laaste episodes.

Franz Marx, die reeks se skepper, was nie gister vir kommentaar beskikbaar nie, maar “groot emosie het met die laaste toneel in die lug gehang’’, het iemand wat vir die laaste toneel op stel was gisteraand aan Die Burger vertel.

“Uit die aard van die saak was dit ’n baie geskiedkundige dag – vir die akteurs, vir die produksiemense, vir almal wat ’n leeftyd saam deurgebring het. Die spelers het hul laaste toneel gedoen en dit was ’n groot oomblik met styl en grasie.”

’n Groot klomp akteurs het gister hul laaste toneel verfilm, onder wie veteraanspelers soos Hennie Smit (Bertie).

Die meeste van die akteurs sien daarna uit om net vakansie hou.

Nou sal die stelle afgebreek word, behalwe dit wat dalk volgende jaar vir die "Egoli"-rolprent nodig sal wees.

Helen Smit, M-Net se hoof vir plaaslike inhoud, het gister aan Die Burger gesê M-Net is trots op wat "Egoli" bereik het.

“Dit was ’n baanbreker op die gebied van plaaslike sepies. Dit was die eerste daaglikse een vir Suid-Afrika. Dit het absoluut ’n standaard gestel van wat verwag word van ’n daaglikse storie,” het sy gesê. “Elke liewe mens by 'Egoli' kan trots wees op die TV-produksie en die nalatenskap vir die ganse plaaslike TV-bedryf wat die reeks gelaat het.’’

- Die Burger

Lees meer oor: vermaak

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

penelope.jones.144 sê... Onse genade, het ons dan nie universiteite in Suid-Afrika nie .. ? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

MERCEDES-BENZ

C 320 Elegance AT
2001
R 99,990.00

RENAULT

Scenic 2.0 Dynamique AT MPV
2003
R 85,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.