Eeufees 'reuse-sukses ondanks probleme'

2012-01-11 08:01
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – ANC het Dinsdag op ’n nuuskonferensie hier erken daar was “baie ernstige probleme” tydens sy eeufees in Bloemfontein, maar dat die fees desondanks ’n reuse-sukses was.

Jackson Mthembu, ANC-segsman, het ook uitgewei op pres. Jacob Zuma se stelling in sy toespraak Sondag dat die interne verkiesingsproses van die ANC hersien gaan word.

“Ons wil seker maak dat almal wat op die provinsiale en nasionale leierskapsverkiesingskonferensies stem, behoorlik daartoe gemagtig is.”

Hy het gesê hulle wil seker maak afgevaardigdes op dié konferensies is wel amptelike lede van die ANC.

Mthembu het ook aangekondig wat met die 52 beeste gaan gebeur wat aan die party geskenk is vir die eeufees.

“Ons gaan vir elk van die nege provinsies vyf beeste gee wanneer dit die provinsies se eeufees-maande is, om te slag en vir armes te gee.”

Die Wes-Kaap is Februarie aan die beurt en sal dan sy vyf beeste ontvang.

Sibongile Besani, Vrystaatse ANC-sekretaris, het gesê die Vrystaat se beeste is reeds geslag, maar hy kon nie sê waar en vir wie die vleis gegee is nie.

Besani het ook bevestig dat daar 7 000 verjaardagkoeke versprei gaan word, maar kon ook nie sê waar, wanneer en aan wie nie.

Mthembu het gesê die oorblywende sewe beeste sal in Desember geslag word en afgevaardigdes na die leierskapskonferensie in Bloemfontein sal die vleis eet.

Hy het weer gesê daar is geen staatsgeld gebruik om die fees aan te bied nie en gesê onder meer Cell C, MTN, Vodacom en Patrice Motsepe, die rykste man in Suid-Afrika, het geld vir die geleentheid geskenk.

Mthembu het gesê die ANC bedank “om bekende redes” nie graag die media nie, maar moet oor die eeufeesdekking ’n uitsondering maak.

“Veral die SAUK het ons boodskappe en reëlings deurgegee aan die publiek.”

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
23 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Piet sê... Dit is gedrogte soos hierdie wat rassehaat aanvuur..En by voorbaat Leghorn hou jou snawel hier uit en bly in jou hool waar jy is !!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 12-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

.Net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Systems Engineer

CPT - CBD
Communicate Cape Town IT
R45000 - R54000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLS MY02
2004
R 99,990.00

TOYOTA

Yaris 1.0 T1 3-dr
2008
R 94,990.00

AUDI

A4 Avant 2.0 Multitronic
2006
R 219,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Ghost Recon Future Soldier

Vanaf: R349.95

Beplan, vernietig, infiltreer. Verloor jouself in die toekoms van oorlogvoering, word 'n Future Soldier met Gost Recon.Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.