Eers hitte, toe spoel N1 weg

2012-01-21 07:34
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die N1 is in die Boland gesluit weens vloedskade en duisende hektaar weiding, plantasies en natuurgebiede is besig om in die Karoo en die Langkloof af te brand in die nadraai van vandeesweek se hittegolf

Dit was Vrydagaand die situasie in die Wes-Kaap, terwyl mense in Limpopo en Mpumalanga nog besig was om op te ruim en die skade te bepaal in die Laeveld en dele van die Krugerwildtuin wat vandeesweek oortroom het.

Hael, donderstorms en ’n wolkbreuk wat Woensdag oor die Quadu-berge by De Doorns uitgesak het, het ’n deel van die N1 só verspoel dat dit gister nog vir verkeer gesluit was. Herstelwerk gaan voort en die pad bly gesluit.

Wingerde in die Hexriviervallei het ook erg deurgeloop en een plaasbestuurder het gesê die skade is erger as dié van 2008 se vloed.

HOPE RIVIERKLIPPE

Die eerste reën het Dinsdag uitgesak en is Woensdag deur ’n donderstorm opgevolg. Dit was egter ’n wolkbreuk Donderdagmiddag oor ’n deel van die Quadu-berge wat die skade veroorsaak het, het Boetie Kriel, ’n direkteur van die Hexvallei-tafeldruifvereniging, verduidelik.

’n Deel van die N1 is by die Orchard- en Hexrivier-afdraai deur vloedwater meegesleur. Motoriste moes gister ’n ompad gebruik omdat die N1 gesluit is.

Padskrapers van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) was gister besig om klippe en stukke teer weg te skraap.

Plek-plek was hope rivierklippe en diep slote langs die N1 te sien, terwyl plaaswerkers en boere met trekkers en grawe doenig was.

Op die plaas Boplaas van A.S. Viljoen het wingerde verspoel en is geteerde plaaspaaie tussen wingerdblokke tot niet.

Volgens me. Henda de Kock van dié plaas het 25mm reën Woensdag in minder as 10 minute geval.

“Gisteraand (Donderdagaand) omstreeks 17:45 het dit weer begin reën en later begin hael, waarna die vloed gekom het,” het sy gesê.

Kriel het gesê dit is nog te vroeg om die omvang van die skade te bepaal. Ses plase het “aansienlike skade met druiwe” gely.

Hy het ook gesê dat talle wingerdblokke weens die hael en sterk wind inmekaargetuimel en wingerdstokke afgebreek het.

“Wingerdlote wat deur die hael raakgeslaan is, kan tot drie jaar neem om te herstel. Daar moet nou gekeer word dat botritis in die beskadigde korrels kom,” het Kriel bygevoeg.

WEERLIG BEGIN BRAND

Intussen was die verwoestende brande by Tulbagh, Wolseley en Swellendam nog skaars in bedwang toe weerlig Dinsdag ’n brand in die Kougaberg by Uniondale begin het.

Volgens Dave Hodgson, ’n boer en gemeenskapsleier van De Hoop in die Langkloof, het altesame 24000ha teen Vrydag reeds afgebrand en woed die brand oor ’n afstand van sowat 100km.

’n Gesamentlike operasionele sentrum is by die satelliet-brandweerstasie in Uniondale opgestel, vanwaar die stryd teen die brand op verskillende fronte gekoördineer word. Brandspanne van die Eden-distriksmunisipaliteit en Uniondale is op die toneel.

“Hierdie brand laat Swellendam s’n soos ’n vulletjie lyk,” het Gerhard Otto, hoof van Eden-rampbestuur, gesê.

“Naas ons eie mense is hier ook sowat 55 lede van Werk met Vuur wat help brandslaan. Dié organisasie se helikopter werk ook onverpoos in die Kougaberg en sy vastevlerkvliegtuig is gereed op Plettenbergbaai.

Die Karoo en die Weskus gaan aanstaande week nog in temperature van 30°C en hoër bak, terwyl Kaapstad 25°C en hoër kan verwag, aldus die Weerdiens.

- Die Burger

Lees meer oor: vloede  |  hitte

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

penelope.jones.144 sê... Onse genade, het ons dan nie universiteite in Suid-Afrika nie .. ? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

MERCEDES-BENZ

C 320 Elegance AT
2001
R 99,990.00

RENAULT

Scenic 2.0 Dynamique AT MPV
2003
R 85,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.